17 Nov 2011

3. Boustene vir God.


Belydenis.

Dis snerpend koud op die berg en jou voete wil-wil gly onder jou uit. Dis glad en ysig. Walms verskyn om jou mondhoeke, soos wat jy die koue lug inasem. Jy vryf jou hande teen mekaar, om bietjie hitte te verkry. Met elke tree wat jy gee, is jy onseker, bang en benoud. Wat as ek die volgende vashou plek, misgryp? Wat as ek val? En tog is daar hierdie innerlike krag in jou, wat jou elke tree vorentoe dra. ‘n Arend maak ‘n draai oor die ys berg. Jy staar met verwondering na die arend. So ‘n majestueuse asemrowende voël. Met kragtige hale weerklink sy vlerke bo jou. Jou gedagtes voer jou terug na God se woord. “Julle sal hardloop met arendsvlerke sonder dat julle moeg sal word.” Weer en weer prik dit in jou gedagtes soos ‘n naald. “Klim, bly klim. Moenie afkyk grond toe nie, moenie bang word nie.” Maar dis asof jou siel dit wil uitskreeu; “Waaraan kan ek vasklou of vasgryp Here, sodat ek nie sal uitsak of val nie. Ek hoor hoe lag die mense daar onder my uit, hulle wag dat ek moet val, gly....” Dan vat jou hand die growwe tou vas wat om jou lyf gespan is, jou vingers omklem die knope. Hierdie tou bind jou aan die berg wat jy klim, dit hou jou vas, en as jy val is dit die tou wat jou sekuriteit en vastrap plek verleen. Jy is met jou lewe gebind aan hierdie tou. Die gekrys van die arend weerklink, weer bo jou in die wolke, en God vestig weer jou aandag op die tou. “Bind jou aan My, my kind, dan sal jy nie val. Jy het My nodig!” Toe kom God se boodskap jou aanraak in jou hart. Hierdie tou is ‘n simbool van jou verbintenis met God. As jy jouself bind aan God, herken jy, jy het Hom nodig. Daardeur herken jy, jy is swak, vol foute en gate in jou siel, alleen en afhanklik van Hom...

Jy sien hoe die grou wolke bo jou verrys, maar jy sien ook die son se helder goue strale skiet deur die donker wolke. Hierdie skilderagtige prentjie inspireer jou, omdat jy voel al is dit grys om jou, is daar ‘n helder lig wat skyn, Sy lig. Maar om Sy lig in jou lewe te waardeer, moet jy dit raaksien deur die donkertes van die kelders van jou hart en van die wêreld. Jy moet vasgryp aan daardie tou, wat jou bind aan Hom. Om jouself te bind aan God, vereis oorgawe van jou kant af. Hierdie oorgawe is gewortel diep in jou hart. Dit is die wortel van belydenis. Belydenis is om my gevoelens op sy te skuif, my seer vir God te gee, ook my skuld en sondes in Sy hande te kan gee. Belydenis gaan oor, ek doen weg met die eie “ek” in my, en maak ruimte vir God se werke in my. Belydenis is om jou hande op te lig na die hemel, met trane en passie in jou oë en dit uit jou hart uit te skreeu; “Here, ek doen so baie verkeerde dinge. Here, ek maak so baie mense seer, ek vertrap mense ook so ver as wat ek gaan!”

Belydenis is om begrip te hê vir God se genade. Genade is al waarop ons kan staan op die ou end van die dag, maar dis genoeg, al die ander dinge het ons nie nodig nie. Waar begin God se genade? Besef jy werklik wat Hy gedoen het, toe Hy daardie tou uit die hemel laat daal het, en dit om jou lyf gespan het. Daardie tou wat keer dat jy val, daardie tou wat jou vashou elke tree vorentoe. Daardie tou wys na Jesus Christus. Jesus het jou gevang, toe jy wou val, Jesus het jou bevry toe jy die ysige dood in die gesig gestaar het, Jesus het jou genees van al jou pyn, wat soos naalde in jou, in gepen was. Met Sy lyding, kruisiging en dood, het Hy elke naald wat vir jou pyn veroorsaak het, het Hy kom verwyder, een vir een, totdat alles verwyder was. Tot jy as persoon heel was vir Hom.

Hierdie genade tou, het vir jou redding gebring op alle vlakke in hierdie gebroke wêreld. God se boodskap sink diep in jou hart in, terwyl jy teen die berghange hang aan die tou. Jy kyk weer op na die lug, en die son verblind jou  sig met sy skerpheid. Hoe groot is God se werke en liefde nie? Hy het selfs Sy enigste Seun vir jou gegee, om daardie hoogste prys vir elkeen van ons te betaal. Jy kan vry wees van die gebrokenheid van hierdie wêreld, en al die ander dinge wat jou gees bind aan sondes, foute en vuilheid in jou.

Jy slaan nog ‘n pen in die ys piek, maar jy kan nie help om te wonder, hoe moet ek nou verder. Jy het die geestelike toerusting, en jy het God se tou gevind, maar wat nou? Hoe maak jy Jesus se tou om jou lyf, jou eie? Hoe word jy as mens een met hierdie tou?  ‘n Ysige wind suis in jou ore, en jy voel van balans af, maar gryp gou vas aan die tou. Dan is dit asof God jou vuriglik verwarm in jou hart, dit is in kontras met die ysige koue wat jy ervaar op hierdie ysberg. “Bind jou aan Jesus Christus. Leer van Sy liefde, Sy trou, Sy barmhartigheid, Sy genade, Sy troos. As jy jouself so bind aan Christus, sal jy weet hoe om Sy tou van redding te gebruik. Sal jy weet hoe afhanklik jy is van Hom. Sal jy weet hoe lief Hy jou het.”

Nehemia laat sak sy kop, in diepe afhanklikheid van God en weet dat hy God nodig het vir die roeping waarvoor hy hom bestem het. Nie so seer om die mure te gaan herbou van Jerusalem nie, maar om Sy volk te lei, en te bemoedig in Hom. In sy intense gebed tot God, raak hy van vooraf bewus van sy verbondenheid met God. Hoe is ons verbind aan God? Om gebind tot iets te wees, is soos om ‘n tou om jou lyf te hê, terwyl jy berg klim. Jy weet jy kan nie klim sonder daardie tou nie, want daardie tou hou jou vas en lei jou na groter hoogtes toe op die berg. So is dit ook met jou geloof in God. As jy sê jy glo in God, dan bind jy jouself aan God.

Deur ons geloof en liefde in Hom is ons gebind aan God.

19 Oct 2011

2. Boustene vir God.

Vertroue

Met soveel ontsag in sy hart spreek Nehemia tot God. As jy met ontsag gevul is, as jy met God praat, beteken dit jy het respek vir Hom, maar ook ter selfde tyd plaas jy jou vertroue in Hom. In sy hart is Nehemia oortuig daarvan, dat God na Hom sal luister, want Hy weet uit ervaring en kennis, dat God is ‘n God, wat Sy verbond hou met Sy kinders. Nehemia verwys spesifiek na God se verbond met Sy kinders, want daaruit alleen, toon God Hom getrou aan ons. Nehemia het onthou, hoe God altyd vir Sy volk gesorg het, hoe Hy altyd Hom oor hulle bly ontferm het. God het vir Sy volk brood uit die hemel gegee toe hulle honger was, en God het vir hulle water uit ‘n rots gegee, toe hulle dors gehad het.  Daarom sê hy ook in Nehemia 1:8: “Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het.” Wat hou dit vir jou en my in, om te weet dat God ‘n troue God is, wat Sy beloftes nie verbreek nie. Hierdie vraag moet lei tot selfondersoek in elkeen van ons. Ek dink die vraag wat die meeste van ons hier sal vra is; “Hoe kan ek in alle omstandighede, selfs in my nood, selfs tydens rusie en onmin, selfs as dinge maar duister en troebel vir my lyk, die sekerheid in my hart hê, dat God getrou is en getrou sal bly?” Dit alleen is ‘n belangrike bousteen wat jy moet vind in God. Dit is soos ‘n verborge skat, wat jy moet vind, en waaraan jy moet vasklou, in jou soeke na God. Hierdie bousteen noem ons, “VERTROUE”. Dis moeilik om op God te vertrou, veral as ons voel ons fondasie word onder ons uitgeruk, of ‘n storm in ons lewens waai ons om. Vertroue in God, verwys weer terug na jou verhouding met God. “Hoe het jy gegroei na God? Hoe soek jy God elke dag op, in jou daaglikse lewe? Hoe kan ek in my vertroue in God groei?”

Dit bring my by nog ‘n meer interessante vraag. “Wie vertrou jy in jou lewe? Op wie plaas jy jou vertroue? Vertrou jy mense, of vertrou jy God?” Jy sien die brandpunt van jou hart hier moet wees, hoe kan jy God vertrou in jou lewe, as jy Hom nie eers ken in jou lewe nie? Vertroue in God, begin dus, deur te groei in ‘n diep verhouding met God, wat getuig van baie liefde vir jou Skepper.  Die teenoorgestelde is ook waar, want hoe kan God Sy vertroue in jou stel as Sy kind, as jy nie jou liefde aan Hom betoon elke dag nie?

Kom ons ondersoek God se woord. Die vraag is; “Hoe het Nehemia by daardie punt uitgekom om te kan weet, hy kan hom na God wend, en om te kan vertrou op God?” As jy Nehemia lees in die bybel, sal jy vind dat hy ‘n baie opregte en godvresende man was voor God. Hy was iemand wat na God verwys het, as ontsagwekkend en groot. Dìt alleen, getuig van sy ware en persoonlike verhouding met God. Dus die begeerte van jou hart moet wees, om te kan groei in jou persoonlike verhouding met God. As jy, jou so inniglik verdiep in God, dan sal jy ook met ontsag van jou liefdevolle God kan spreek, maar ook ten alle kostes op Hom kan vertrou.

Hoe groei ons dan in ons vertroue in Hom? God sê in Mattheus 6:33: “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” Wat God eintlik vir ons hier wil sê is dat, ons Hom in alles moet soek. En waar vind ons God die meeste? In Sy kosbare woord. Dit is in Sy woord wat ons leer van Sy liefde, Sy genade, Sy toorn, Sy goedheid, Sy almag, Sy wysheid, en Sy trou. Ons soeke na God moet ‘n hartsverlange en begeerte wees, waarna ons heimwee na God  in ons harte so sterk is, dat ons graag hierdie begeerte in ons wil vervul. Hierdie begeerte begin in ons gees. Ons moet ons gees vol maak met God se woord. Romeine 10:8 “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig.”

Dis in Sy Woord, wat jy ook jouself ontdek. Ek kan ook die vraag stel; “Vertrou jy jouself, glo jy in jouself.” God glo in jou.

As jy nie in jouself glo, of jouself vertrou met dinge wat jy aanpak nie, het jy jouself nog nie in God ontdek nie. Vertroue in God, lei daartoe dat jy jouself ook kan vertrou, dat jy in jouself ook kan glo, want jou Skepper glo in jou.

Vertroue sluit ook aan by jou geloof in God.  Dit beteken om te sê, Here in elke tree wat ek vorentoe neem, sal ek op U vertrou. Miskien is daar dorings in die pad, miskien is daar slaggate, miskien is daar storms, maar ek sal elke tree op U vertrou. Omdat ons net menslik is, het ons min vertroue in God, as ons die storms in die gesig moet staar, in ons lewens. Ons soek gewoonlik die maklikste uitweg, of miskien selfs ‘n ompad. Behalwe as ons so kan groei in ons geloof en liefde vir God, dat ons vertroue in God ook meer word. Dis waarom dit so belangrik is, dat jy jouself in God ontdek, deur Sy woord en jou gebed. Natuurlik verwys ek graag terug na die eerste bousteen in God, en dit is jou gebed. Jy kan ook bid en vra, sodat God jou moet help, om in jou vertroue te kan groei in Hom.

Vertroue in God begin by jouself, omdat jy die eerste stap moet neem om in daardie vertroue met God jou Skepper te kan groei. Dit het voortdurend versorging nodig, iets wat gereeld aan gewerk moet word. Dink maar aan ‘n plantjie. Die plantjie moet gereeld nat gelei word, dit het sonlig nodig, en goeie grond nodig, om te kan groei. So kan jy ook nie in jou vertroue in God groei, as jy nie jouself geestelik voed met God se woord en kennis daagliks, Hom ken in jou gebed, en jou in jou geloof met Hom verdiep nie. Psalm 111:5: “Hy voed, die wat Hom dien.”

Sal dit nie wonderlik wees, as jy in enige situasie kan opstaan vir jou geloof in Hom, en met groot liefde en ontsag in jou hart vir Hom, volwaardig kan sê; “Ek vertrou op God!” Onthou dis wat Nehemia gedoen het, hy het op God vertrou. Ook toe die vyande gewapend hul omsingel het, het hy op God vertrou. Hy het nie moed opgegee  nie, hy het nie besluit om weg te hardloop nie. Nee, hy het op God vertrou! Hoe dink jy was dit vir Nehemia moontlik om onder al daardie omstandighede op God te kan bly vertrou. Dit was beslis nie maklik nie.

As hulle die mure van Jerusalem wou voltooi, het dit beteken dat hulle baie lang ure in die dag moes werk, moontlik tot sons ondergang, en snags moes hulle ook nog op hul poste wees om wag te hou teen die vyande. Intussen word hul ook nog deur hul vyande uitgelag, gespot en gejou!! Ook moes hulle met min slaap en min kos oorleef. Was die druk hoog op Nehemia en sy mense? O, ja verseker. Dis soos om in ‘n blik gedruk te wees, die ruimte is beperk daarbinne, lig is beperk, suurstof is beperk, en jy voel jy versmoor in daardie omstandighede.

Maar Nehemia het gebid, en hom gewend tot God, en gevra dat God sy vertroue in Hom moet versterk. Sien in jou geestesoog hoe Nehemia daar sit, voor ‘n half voltooide muur. Moeg sit hy daar, hy kyk na sy  hande wat al grof geword het van al die hande werk. Die trane wel op in sy oë, en hy byt op sy onderlip terwyl hy God se grootheid in sy hart bepeins. “Here, vergewe my dat ek moeg word, maar my hart is verskeurd in hierdie  omstandighede.” Dan lig hy sy swaar belaaide hande met sy laste daarin, op na Sy grote God in die aandskemer.  Nehemia 6:9; “Sterk tog my hande, o God!”. Nehemia het nie besluit om weg te hardloop nie, hy het nie toegelaat dat sy vrese hom oorweldig het nie. Luister maar na sy woorde in Nehemia 6:11: “Sal ‘n man soos Ek vlug, iemand soos ek tempel toe gaan om te kan bly lewe? Ek sal nie gaan nie.” Die ware lewe vind ons tog in God, en om te sterf vir Hom is ‘n aanwins. Aan die einde van die donker tonnel van ons omstandighede, skyn God se ewige en heerlike lig!

Jy sien, dis juis in daardie omstandighede wat God Sy grootheid en Sy almag op Sy sterkste aan jou betoon, omdat in daardie omstandighede raak jy bewus van wie God is vir jou, en hoe lief Hy jou het. Dis in daardie omstandighede wat ons oë weer blaai in ons bybel na stukke soos Daniël in die leeukuil, of Paulus wat so baie gely het vir God, of Jeremia wat die volk bemoedig het tydens hul ballingskap, of selfs Josef en vele ander.

As ons kan leer om in alle omstandighede op ons Skepper te kan vertrou, dan sal die skille van ons oë afval, en ons sal God se groot werke in ons sien en ervaar!! Kom ons leer by Nehemia, en besluit om die bousteen van “VERTROUE” in God, deel van ons bouwerk vir Hom te maak elke dag.

Onthou om in “VERTROUE”  in God te groei is soms ‘n baie pynvolle ervaring, maar dit lei tog tot ‘n groot ryklike lewens pad, van ontdekking in God en jouself.

15 Aug 2011

1. Om te bou vir God.


Gebed.
Nehemia ontvang die boodskap dat die Judeërs uit die ballingskap vrygelaat is, maar dat daar groot ellende en smaad onder hulle is, omdat die mure van Jerusalem plat lê in puin, en dat die stadspoorte verbrand is. Dit raak Nehemia se hart baie diep, en hy voel ontroerd daaroor. Hy gaan sit op ‘n koppie, en hy raak stil voor God.  Nehemia laat sak sy kop en huil en treur bitterlik voor God. In sy hart voel hy so diep bedroef, asof hy God se pyn en genade in hom kan voel. God se stem weerklink in sy hart; “Ek treur oor My volk oor My kinders.” Nehemia besef met die woorde dat soos wat hy rou, rou God ook. Hy kan die pyn van God voel, hoe dit deur hom steek. Sy trane brand op sy wange, miskien omdat hy brandend in homself  ‘n antwoord by God soek.  In hierdie omstandighede raak hy bewus, hoe nodig hy God het, en hoe diep afhanklik hy is van God, daarom stort hy sy hart uit, in ‘n ernstige gebed, teenoor sy God.  Nehemia 1:5: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God, wat U verbond en U troue liefde handhaaf, teenoor die wat vir U liefhet en U gebooie gehoorsaam, luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, U dienaar, sonder ophou tot U bid.”

 In gebed spreek Nehemia sy hart uit in versugtinge voor God. Dis juis in hierdie gebed, wat Nehemia naby aan God voel. “GEBED” is die heel belangrikste bousteen in die geloof, omdat dit die grondslag vorm van ons verhouding met God. Juis in ons gebede ondersoek ons, onsself voor God, word ons gelei tot intense dieper nadenke in God. In ons gebed, kom ons in aanraking met ons eie hart en siel voor God. Ons gebede lei tot ‘n dieper geestelike groei na God.  Nehemia wat ‘n goeie verhouding met God gehad het, het geweet dat hy nie God se roeping vir hom, om Jerusalem se mure te herbou te gehoorsaam, sonder dat hy eers in smekinge en pleit voor God gaan staan het, in ‘n diep afhanklike gebed. Gebed is deel van die rypwording proses in die geloof. God kan die saadjies in ons harte plant, maar as die saadjie nie bewus is daarvan, dat Hy God nodig  het vir water en lig om te kan groei nie, dan kan die saadjie nie groei tot God. Dis waarom dit so belangrik is dat ons steeds in gebed, sal groei tot ryper volwassenheid in ons liefde vir Hom. Gebed skep ruimte vir God in jou lewe, ‘n ruimte om te kan groei, ‘n ruimte om God te kan vind, ‘n ruimte om my eie identiteit in Hom te soek. Gebed is onbaatsugtig, dit beteken ek soek nie my eie belange op nie, maar die van God s’n. Jou gebedslewe kan met ‘n weegskaal vergelyk word. God is bo in alles, en ek kantel na onder toe. Dis belangrik om te onthou dat jou innerlike en diep gebed woorde, moet spreek van opregte woorde. Woorde wat getuig van nederigheid, afhanklikheid, diepe verwondering voor God, dankbaarheid en lof vir God. Jou gebed met God, omsluit jou harts oortuiging in Hom.  Dit getuig van jou liefde vir Hom, en jou toegewydheid aan Hom. Gebed berei die grond voor vir God. Dis in jou gebed wat God die grond om jou kan omspit, en as die grond vrugbaar is, kan nuwe groei eers plaasvind. Daarom is dit so belangrik dat ons gebed die fondasie vorm, van waarop ons bou.

Wat vra God van ons, in ons gebed? Word ons gebede sommer net beantwoord? Nee, gebed leer ons om geduldig op God se antwoord te wag. Gebed skep ruimte om te kan groei na God. En hoe geduldiger ons wag op God se antwoord, hoeveel te meer groei ons, in ons liefde vir Hom. Hoe geduldig was Nehemia nie, in sy gebede tot God. So geduldig, dat hy vir vier maande lank hom afgesonder het vir God, om te wag vir God se antwoord, God se leiding. Jy sien, as jy geduld leer in jou gebede, skep dit geleentheid vir God, om aan jou te skaaf as mens vir Hom. Terwyl jy so geduldig wag vir God, is God besig om aan jou te skaaf en te beitel vir Hom. Dink maar aan ‘n stuk hout. Voor jy begin skaaf het aan die hout, was die hout grof en stomp, maar toe jy die skaaf deur die hout velle trek, het die hout begin vorm aanneem. En hoe meer jy geskaaf het, hoe meer het die hout die perfekte vorm aangeneem, wat jy in gedagte gehad het om te maak daarvan. So vorm God jou ook, in jou gebed.

Gebed moet deel uit van maak van ons daaglikse wandel met God. Ons moet so groei na God, dat ons gebedslewe, nie maar net as ‘n ritueel beskou word nie, maar ‘n harts verlange en begeerte, om innig en diep gesprekke met God te kan voer. God moet vir jou letterlik soos ‘n “Vaderfiguur” word, iemand op wie se skouer jy altyd kan huil, iemand wat jou verstaan, iemand wat jou drome ken, iemand wat altyd luister na jou. God is iemand wat jou nooit sal wegwys nie, maak nie saak watter foute jy begaan het nie, Hy is daar vir jou en Hy vergewe.

Dis juis in ons gebed ook, wat ons God se liefdevolle karakter leer ken. Met hoeveel geduld luister God nie na ons gebede en smekinge nie. Hoe verdraagsaam is ons God nie met ons nie? Met hoeveel deernis, liefde en genade, kyk ons God nie na ons nie?

Beantwoord ons Sy liefde en deernis vir ons, met dieselfde liefde en ontsag? Spreek ons gebedslewe van ‘n innerlike en liefdevolle verhouding met God?

Waarom skuif ons nie die eie – ek opsy, en begin meer ruimte en plek te maak vir God se werking in ons lewens nie? Begin met, “Ek, Here Jesus, staan skuldig voor U, en is nie werd om U kind genoem te word nie. Ek is vol swakhede en foute, maar U genade dra my elke dag. Vergewe my Here, dat ek U nie meer raak sien in My lewe nie.” As ons so voor ons God kom kniel, in bittere nederige afhanklikheid en ‘n brandende liefde vir Hom, sal Hy Hom, weer oor ons ontferm.

Mag jy elke dag in jou gebedslewe God se werklike liefde vir jou ontdek!

27 Jul 2011

Die woestyn van jou lewe.

Die wind waai deur murg en been. Jy stap voort, jou voete los voetspore in die sand. Kort-kort moet jy jou gesig bedek teen die venynige sand wat teen jou gesig opwaai. Jou vel voel droog en uitgeteer. Jou bene voel lam, asof hulle jou nie meer kan dra nie. Jou skouers is terneergeboë, dit voel vir jou of die laste op jou skouers te groot geword het. Jy kyk op na die bloedige son, wat jou brand met sy strale. “Here, is die son nie veronderstel om my te herinner aan U lig, in my lewe nie? Waarom sien ek net donkerte?” Dan gaan staan jy vir ‘n oomblik stil, en staar voor jou uit. Jy kan nie help om die vraag te vra, wat jou hart deurboor nie. “Here, waarheen lei hierdie pad my?” Om jou, sien jy net dorings en distels raak. Jou gedagtes voer jou na Moses, toe hy in die woestyn was. Dalk is hier ook ‘n brandende doringbos hier êrens, waar jou God is, waarna jy so verlang, maar wat jy net nie in hierdie woestyn kan vind nie. Jy onthou Moses se verwondering toe hy die verskynsel van die brandende doringbos aanskou het. Moses het gevoel hy moet nader gaan, om dit te gaan bekyk. Toe Moses nader gekom het aan die doringbos, het ‘n engel vanuit ‘n vlam uit die doringbos tot hom gespreek. Eksodus 3:5: “Die Here sê toe vir hom: “Moenie nog nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.” Weer kruip die donkerte in jou hart op. “Hoe kan hierdie woestyn gewyde grond wees, Here? Hoe kan ek in verwondering wees oor U soos wat Moses was, terwyl ek diep in my voel, of ek wegkwyn in hierdie woestyn.”  Dan ruk ‘n opstandige wind jou van jou voete af, en jy val neer op die warm sand. Al wat daar uit jou hart kom op daardie oomblik is ‘n lang diep sug. Jy dink weer aan Moses in die woestyn. “Hier is nie eers ‘n Rooi See nie, waardeur ek dalk my weg kan vind nie?” Jy sien voor jou geestesoog die prentjie van Moses en Sy volk, hoe hulle met vrees die gevaar, van Farao en sy manne met hul verwoede ry tuie sien aankom het. Honderde van sy soldate pyl op hulle af. En dan Moses wat sy staf oplig, en die waters van die Rooi See wat ‘n droë pad oopbreek vir hulle. “Ek weet Here, daar het U gesorg vir U volk, waarom sorg U nie vir my in hierdie woestyn nie?” roep jou dorstige stem dit uit oor die vlaktes.

Een ding wat jy eintlik nie verstaan is, hoe het jy eintlik in hierdie woestyn te lande gekom? En toe brand dit in jou borskas met die wete, toe jy na God begin soek het in jou lewe, het dit jou gelei na hierdie woestyn toe. “Waarom, Here, ek verstaan nie. Is daar hoop vir my in hierdie woestyn Here, want al wat ek sien is droogte, dors, en dorings wat diep in my hart steek.” Terwyl jy nog so mismoedig op die warm sand sit, gewaar jou oog skielik doer in die vêrtes ‘n klip, met ‘n klein oorhangende takkie. Jou bene kan jou nie vinnig genoeg soontoe dra nie. Met jou asem hortend en hygend gaan sit jy op die klip. Jy kyk boontoe na die oorhangende takkie, in jou hart is jy dankbaar vir die bietjie skaduwee wat jy gevind het, teen die weerbarstige son. Jou keel brand en jou lippe het barste in van droogheid. Sjoe, hoe verlang jy nie, maar net na ‘n bietjie water nie, al is dit maar net om jou keel nat te maak. Dan maak jy jou oë toe vir ‘n oomblik, en luister na die woestyn geluide om jou, maar al wat jy hoor is die wind wat hard in jou ore suis. “Here, ek verlang so na U lewendige waters.  Wat het van die fonteine geword, wat altyd in my hart vir U geborrel het?” Hees, roep jou stem dit uit: “Here, as daar dan nie water in hierdie woestyn is nie, kom maak U my vol met U lewendige waters. Here, ek dors na U!” Die takkie sus in die wind, en dan gewaar jy dit, daar is ‘n dun straaltjie water onder by die stammetjie van die boom waaruit die takkie groei. Opgewonde spring jy op, en skep die bietjie water op en bring dit met groot dankbaarheid na jou verdroogde mond toe. Die water is net genoeg om jou keel nat te maak, maar jy is ongelooflik dankbaar. Dis asof hierdie bietjie water genoeg was, om jou gees in jou weer aan te wakker, jou gees in God wat so moeg en verslae geword het, in hierdie woestyn. Dit herinner jou aan die vers in die bybel wat sê, Jesaja 26:19 “Soos die dou lewe gee, gee U krag lewe, Here.” Nuwe hoop vlam weer op in jou, en dis asof jy die wonder van die brandende doringbos en God se heerlikheid in jou voel opspring.

Jy skep weer nuwe moed. “Here, wat moet ek doen om U te vind in hierdie woestyn?” Jou oë soek na ‘n pad uit die woestyn uit. Jy hoor God se stem in jou hart opbruis. “Ek vra geloof in My, jou geloof is kosbaarder as enige iets vir My.” “Here, maar ek glo in U!” roep jou stem dit terug. God kom raak jou saggies in jou gemoed weer aan. “Ek betoon My getrou, aan die getroue, opreg teenoor die opregte, rein teenoor die reine. As jy getrou bly aan My woord, en op my vertrou ten alle tye, ook in hierdie woestyn van jou lewe, sal jy My vind. Wie op My vertrou, word nie teleurgestel nie (Jesaja 49:23).” Jy bepeins die woorde. “Ag, Here ek weet ek het mismoedig geraak in hierdie woestyn, ek weet my hart het baie swaar na U gesoek, en soms het ek selfs getwyfel in U? Here, vergewe my daarvoor, want ek is vol gebreke en swakheid omring my.”  ‘n Innige en diep hongerte stoot op in jou liggaam. ‘n Hongerte wat jy voel, net God jou mee kan versadig maak. ‘n Hongerte van verlange om in Sy arms te wees, ‘n hongerte van oorgawe in Hom. Dan antwoord God die hongerte in jou met die woorde uit Jesaja 49:10. “Hulle sal nie honger of dors kry nie, die woestynhitte en die son sal hulle nie brand nie, want Hy wat Hom oor hulle ontferm het, sal hulle onder Sy sorg neem.” Dan skielik, merk jy die klein vruggie aan die geringe boompie, wat se takkie vir jou bietjie skaduwee verleen. Jou hande reik uit daarna en pluk dit af. Jy beskou eers die vruggie met jou oë. Jou gees herinner jou daaraan, dat net soos wat die boompie vrugte dra, so moet jou geloof in God ook vrugte dra. “Maar hoe kan ek in hierdie woestyn vrugte dra, vir U Here?” Die vraag veroorsaak ‘n brand sensasie op jou lippe. Jy voel asof jou hart deur die bladsye van jou bybel blaai, opsoek na Hom. Skielik tref die antwoord jou, diep in jou binneste.
“Soek My in My woord, in jou bybel. Moenie ophou om na My te soek nie, want al jou vrae word daarin beantwoord. My Woord kan vir jou ‘n pad oopbreek uit hierdie woestyn uit.” Dan sien jy jou bybel raak, waar dit in die sand lê, terwyl die wind die bladsye telkens verwoed omblaai. Vinnig staan jy op en grawe dit uit die sand uit, jy stof die ergste sand af. Weer sink dit diep in jou hart, want jy besef in hierdie woestyn het jy dit moeilik gevind om na God te soek in Sy woord. Jy het vergeet hoe kosbaar jou bybel vir jou is. Steeds het jy gesoek na antwoorde in hierdie woestyn, en die antwoorde was altyd hier by jou. God was altyd hier by jou. Dan tref die gedagte jou, dat die oomblik wat jy God begin soek het in hierdie woestyn, jy Hom gevind het. Meer nog, Hy het vir jou in die woestyn gesorg, jy het nuwe krag ontvang in Hom. Toe jy God gesmeek het, om jou vreeslike dors te les, het Hy jou na die dun straaltjie water gelei. Toe jy die hongerte in jou ervaar het na Hom, het Hy jou kom aanmoedig en vertroos in jou gees. Jy onthou van die klein vruggie wat jy van die boom afgepluk het. Jou hand vind dit weer op die klip. Geesdriftig breek jy die vruggie oop, jy merk die saadjies in die vruggie aan weerskante. Weer kom God se stem na jou. “Jy sien geloof in My, begin met ‘n klein saadjie. Soms hael dit in jou lewe om die saadjie, soms verdroog die grond rondom die saadjie, in die woestyn van jou lewe. En soms, reën dit op die saadjie, en lei weer tot nuwe groei in jou lewe. Wanneer jy dan begin groei na My, begin jy die saadjies uitdeel vir ander, plant jy saadjies van My liefde in ander, en so groei jy tot ‘n pragtige boom, wat vrugte dra van ware geloof in My.” Steeds verstom, staar jy na die wonder van die vruggie in jou hand.

Dan rol die trane in jou gemoed, want jy voel op daardie oomblik, jy het God gevind in die woestyn van jou lewe. Saggies in jou hart praat jy met God. “Here, ek besef nou dat in hierdie woestyn maak U my lewe rein vir U. In hierdie tyd vorm U my tot die groot ryklike doel wat U met my in my lewe het. Here, wys my wat moet ek leer uit die woestyn deel van my lewe?” Sy sagte hand raak jou gebrande gesig sagkens aan en dan hoor jy Sy kosbare woorde. “My dierbare kind, in die woestyn van jou lewe, bevry Ek jou van al jou pyn. Ek vlek al jou pyn oop, tot in die vêrste dieptes van jou gebeentes en vlees. Ek breek deur die toe geslote deure van jou hart, sodat jy instaat kan wees om jou pyn vir my te gee. Ek leer jou om die wat jou so verskriklik pyn aangedoen het, van harte te vergewe. Ek leer jou om te vergeet, en nie weer terug te kyk na jou pyn toe nie. Ek leer jou om alles voor My neer te lê in jou lewe, sodat Ek alles vir jou sal word, want alleen dan sal jy volkome My liefde vir jou verstaan. Ek leer jou om jouself raak te sien, deur My liefdevolle oë, want jy is so mooi en aanneemlik vir My. Ek vernuwe jou gedagtes, jou hart, jou gees en jou liggaam, sodat alles in jou as een vir My kan funksioneer.” Met elke woord van God is dit asof daar weer nuwe lewe in jou gees ingeblaas word. Jou siel gryp vas aan elke asemteug van God. Die son se strale roep na jou in die wolke en jy draai jou kop na die son toe. God se warm sonstrale verwarm jou hart weer van voor af. Maleagi 4:2: “Maar vir julle wat eerbied het vir My Naam, sal die son van redding skyn, met genesing in Sy strale.” Jy besef dat daar letterlik genesing in God se lig is, Sy lig kan jou uit die donker woestyn uitlei, Sy lig kan vir jou genesing en heling beteken, Sy lig kan jou lei na uitkoms toe. Maar jy moet soek na Sy lig in jou woestyn deel van jou lewe, en jyself sal sien hoe die lig vir jou opgaan en steeds ondergaan nes die son, maar dat daar niks tekort kom aan Sy gloed nie. Jy staar stip na die son, en raak bewus van God se grootheid en almag, van vooraf.

Weer brand die vraag in jou hart. “Here, ek verstaan nou dat in hierdie woestyn van my lewe ek moes groei tot ‘n groter geloof in U, maar hoe behou ek die groot geloof in U, as ek dit eers gevind het?” God antwoord jou, uit Maleagi 3:10: “Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer, dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie.” Hierdie woorde is vir jou so mooi, dat jy opgewonde opstaan, met nuwe moed in jou hart en gees, opsoek na ‘n pad uit die woestyn deel van jou lewe.

Miskien ervaar jy die woestyn in jou lewe, in die vorm van ‘n siekte, miskien ervaar jy dit in jou verlede as kind, miskien ervaar jy dit in jou ma of in jou pa, miskien in die vorm van vreeslike verwerping. Hoe dit ook al sy, as jy mooi oor jou lewe gaan besin, sal jy besef dat in hierdie woestyn deel van jou lewe, het jy die meeste gegroei na God toe. In die woestyn word ons weer geroep tot ons nederige afhanklikheid van God, tot ons liefde vir God, maar die heel belangrikste, God se liefde vir jou.  Elke kind van God loop eers deur ‘n woestyn, voor ons Sy beloofde land vir ons kan binne gaan. Maar dis in hierdie woestyn wat ons leer om alles neer te lê vir Hom, ons het net 'n bietjie water, net 'n bietjie kos, maar ons het geloof en as ons geloof het, al is dit so gering soos 'n mosterdsaadjie kan ons uit die woestyn uitkom. Dan sal Hy vir ons ‘n pad oopbreek uit die woestyn uit, ‘n pad belaai met Sy vrugte, Sy seëninge, Sy goedheid.  En om jou, sal jy nie meer dorings en distels en droogte sien nie, maar ‘n weelde van helderkleurige blomme, groen grasvelde, en boomryke lanings. Jesaja 43:19: “Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.”

5 Jul 2011

A mild, patient man is one that learns of Christ, who is Wisdom itself.

Proverbs 14:29: “He who is slow to be angry has great good sense; but he whose spirit is over-quick gives support to what is foolish.”

This morning when I woke up, and opened the curtains to my bedroom’s window, I could not see anything through my window. The window was covered with condensation, and outside, it was pouring with thundering rain. The sky was dark and grey, and the thunder roared on the top of my roof, above my head. But, this picture I saw through the window, made me think and my thoughts took me away, outside to the streets in the cold weather....

A little boy sat crossed legs under a bridge. There was no other hiding place against this weather, this morning. The thunder cracked again in the sky, and he quickly covered his ears against the loud sound. Every time he heard the thunder roaring like a lion, he felt to him like someone stabbed him in the heart. He felt so lonely. Just above the bridge, the people were passing by in their motorcars, probably in a rush on their way to work. Since the weather was so bad today, people seemed to be more annoyed. “Everybody are going their own direction”, he thought.

 An icy cold wind breathes through the bridge, and he rubs his hands together to get a little warmer. The little boy is wearing ragged clothes, and in this weather he can feel his muscle’s acing. Every time the wind rushes by him, he feels an icy shivering through his body. He looks down at his feet, and sees the hole in his shoe, his one toe has turned blue. He tries to see through the misty and dreadful rain, but he cannot see anything. Then he rests his arms on his legs, this weather making him feel very tired. He can not help but wonder what this day has in stall, but then he suddenly sighs , and realizes that it will be just like the other days on the street.

Life on the streets has taught him great things but also a lot of patience. Sometimes it can be an adventure. An adventure with no end. It sounds very inviting but it can also be very harsh and difficult. Suddenly a smile appears on his face, and it seems to brighten up this awful day he’s been having. He thinks about the day, he went through the garbage for food, that day when he found that wonderful book, the “Bible”. That was the day, he started to have a new hope in his life, the day he found Jesus.

Before he met Jesus, his life was very hard, he felt hopeless, and disparaged, and his life seemed to be without meaning. He couldn’t help to ask questions frequently. “Why me? Why must I live on the streets? Why can I not have a better life?  Why, why, why?” These questions used to go through his mind over and over, at that stage of his life. His life was a mess, without Jesus. Without Jesus he would not have been able to survive this life on the streets. He has learned through many difficult situations, to wait patiently for the outcome. And when the outcome finally came, it wasn’t what He expected at all, but it filled Him with so much joy.

“How long have I not been waiting for that outcome,” he sighed.  For sixteen years of my life, I woke up with no hope, no food, nothing to drink. I did not know what to expect everyday. Sometimes it was so hard, I cried the days away. I remember one day, I picked up  a ten rand note, and I thought it was my lucky day. While I was holding it up in the air, to have a look at it, someone grabbed it out of my hand. I shouted at the man to give it back to me, but he knocked me down. I fell down to the ground, my knee hitting the pavement. The blood flowed freely from the wound. I tried to stand up, but the sharp pain in my knee forced me back to the ground. I could not walk for the rest of the day. To worsen the situation, the hunger pain in my stomach made me vomit. I just sat there in the dust, and started to sob. Since that incident I could not walk properly, always having a sharp pain in my knee.

What about the day I saw a man lose his purse. I picked it up, and ran after him with the purse in my hand. I touched the man on his shoulders and held the purse out to him. He grabbed the purse out of my hand, and pushed me away in a hurry, and again left me with nothing.

So many tears were spilled, I have been hurt so many times, so many times I went to sleep, feeling hungry. Although life on the streets is hard and harsh, it has taught me a lot of things. Since I have discovered the Bible, I have grown so much into joy and faith in Jesus. One of the scriptures in the bible I read is the one in Proverbs 14:29: He who is slow to be angry has great good sense; but he whose spirit is over-quick gives support to what is foolish.”  I have learned so much through my journey in the bible, but this one strikes me the most. I used to be angry, I use to have no patience at all. Why, was I so angry? Because I could not accept my life the way it was. Not like that, is an unfair statement, I had it pretty rough. I have totally missed something in my life.

When I discovered Jesus, and His salvation for me, I learned to see my life through His eyes. I began to appreciate things in my life. I could appreciate even the smallest things. Patience is a very hard thing to learn, especially when you lived on the streets your whole life. Sometimes you feel so hopeless that you want to give up and you just want to die. But, when a new meaning comes into your life, like Jesus, you begin to understand things more clearly. I had to learn to have patience everyday.  I had to learn to wait for the outcome in my life.  I had to learn to even have patience with others, who were very cruel and cold hearted to me.

Patience is not something you are born with naturally. Patience is a God - given talent, and one must do everything in His power to obtain  that talent, to make that His own. Each one of us lacks patience in some way or the other. If I look at my life on the streets, there were a lot of people that surely could do with some more patience.

I remember the one day I stepped into a bakery, with the hope that maybe I can be of some help, and in return the owner will give me something to eat. When the owner laid eyes on me, she shouted at her assistants angrily, and said; “Get that filthy boy out of here, customers are afraid of him”.  With those words, I was shoved out the door. I felt so mad myself, because of the hurt inside of me. Why did I feel so mad, carry so much hatred toward that woman in the bakery? That, my friend, is the wisdom I discovered in Jesus. Jesus showed me, that she lacks patience, and she still has to learn it. When she has discovered patience, she will be able to understand what it is, to give and receive love from your fellow people.

I could only have learned to have patience in everything, and to apply it in my life, through the eyes of Jesus.  Jesus has given so much for us. If we want to learn about having patience in our lives, Jesus always has patience with us, He always waits patiently for us, to discover His love.

The one question that struck the boy’s mind was, how come we do not have any patience in our lives, when they have so much more than him. Everyday our stomachs are filled, we have comfortable houses, we have security in our jobs, but still we lack patience. “Maybe, he thought,  the reason is that they have not had such a difficult life as me.  Because through my rough times and the way I’ve been living on the streets, it became a person who appreciates things that come my way, a lot more than they do. And by learning to appreciate things in your life by facing hard times, you learn patience as well, because many days can pass, before you have a break through in your life.”

The little boy stared up into the sky, and saw the magic of the thunder blazing through the grey sky again, but this time, he felt something different in his heart. He felt like someone was staring down at him. Who can that someone be? Then he smiled again, he knew that Jesus was there to comfort him in this day. His Saviour was there for him again.  His Jesus that reached out His loving hands to him in His needs, and helped Him to discover the meaning of his own life.

Patience leads us to Jesus, it forces us to depend on Him. If we can learn to have patience in our lives, and to have patience with others, because our God always have patience with us, we would have reached a victory in our faith and love in Him.

We can learn patience from the underprivileged people on the streets. Next time you pass a hopeless person on the streets, think about God’s patience and love for you, then you will know how to shower God’s love on that person as well.

A mild, patient man is one that learns of Christ, who is Wisdom itself. Unbridled passion is folly made known.

Lewe as mense van die lig!

Efesiërs 5:8: “Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles wat goed en reg en waar is.”

Kom ons gaan kyk na die duisternisse in jou lewe. Elkeen van ons het met ander duisternisse te doen. Ons hemelse Vader wil jou op iets hier wys, iets wat Hy raaksien in jou. Daardie pyn, daardie duisternisse in jou, het jy nie vir jouself veroorsaak nie, maar mense of omstandighede het jou in hierdie duisternisse gedryf. Jy sien as gevolg van die intense pyn in jou, het jou siel geen uitkoms gesien nie, gevolglik het jy begin hardloop. Jy het gehardloop van alles wat jou seer maak, jy het gehardloop van die brandende pyne in jou, jy kon die seer in jou nie meer dra nie. Jy het gehardloop, jou asem was vinnig, die onstuimige golwe in jou, het jou hartklop vinniger laat klop. Jy het nie omgegee waarheen die pad jou lei nie, jy wou net wegkom. Agter jou het die skerwe bly lê, maar jy wou nie eens omdraai en daarna terugkyk nie, nee..., dis die pyn, dis die seer, nee.... dis die donker. Al verder en verder het jou siel jou gedryf die donker tonnel in. Hierdie donker tonnel waar jou siel jou nou bevind, en waar is die lig, dis stikdonker.

So stap jy voort in die tonnel, jou lewe speel in swart en grys prentjies voor jou af. Daar is geen lewe in die tonnel nie, net soos jy voel oor jou eie lewe.  Dit stink in die tonnel, al die opgehoopte walms van die lewe, selfs jou lewe ook, want as jy aan die pyn dink in jou, wil jy braak, want dit maak jou mislik. Jy hoor water drup in die tonnel. Jy kan nie help om te wonder waar die water vandaan kom nie. Miskien is dit die lewende waters waarna jou siel smag. Jy bewe, want jou siel is yskoud in jou. Jy voel weggegooi, alleen, en verlore. Jou siel skeur skielik in twee, want jy is moeg geveg, moeg gebaklei, moeg gehuil. “Ek kan nie meer nie Here, ek sien geen doel in my lewe.” Die lewe het my soveel klappe toe gedien, die merke lê soos rooi hael strepe oor my hele lyf.”  Terwyl jy so in die stik donkerte sit, in die afgrond van jou liggaam, daar waar jy verdrink in jou eie trane, merk jy toe skielik die enkele skrefie lig in die tonnel. Lig, lewe, nuwe hoop vat weer in jou vlam. So, daar is lig in hierdie donker tonnel. Wat is hierdie lig? Waar kom dit vandaan?

Jy staan op, en trek jou oë op ‘n skrefie, om die lig beter te kan sien. Alhoewel die lig net ‘n klein straaltjie deurskyn, is dit asof hierdie klein liggie, hoe gering ook al, in hierdie donker tonnel nuwe lig vir jou lewe bring. Jy loop vorentoe en ‘n koue rilling skiet deur jou, as ‘n rot oor jou voete hardloop. Wild klop jou hart, soos wat jy nader aan die lig beweeg. Jy kan nie help om die vraag te vra; “Here, hoe het ek in hierdie tonnel beland nie?” Die antwoord kom diep uit jou hart uit; “My kind, jou pyn het vir jou te groot geword, en jy het jou siel gedryf in hierdie donker tonnel in. Deur jou pyn het jy blind geword vir die vreugde, blydskap en liefde in My.”  Dan rol God ‘n gordyn vir jou oop, oor die skaduwees en donkerte van die lewe.

“Pyn bring ‘n diep donker skaduwee in jou lewe.
Pyn sny diep, dwarsdeur murg en been. 
Pyn vervang die lig in My met duisternis. 
Pyn ontneem jou geleenthede in jou lewe.
Pyn weerhou jou van vreugde en blydskap in My.”

Nou rol die tergende vrae van jou siel, oor jou lippe. “Here, maar hoe kom ek uit hierdie tonnel uit, Here dit voel vir my of die donker my insluk. Here, die skaduwees van my lewe oorweldig my.” Jy sak mismoedig op jou knieë neer en begin weer snik. Op daardie oomblik kom raak God jou hart aan met die woorde uit, Romeine 5:5: “...en die hoop beskaam nie, want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” “Here, watter hoop hou dit in vir my? Here daar is nie hoop vir my nie, want my siel is so verskeur in hierdie pyn en donker kelders van my hart. Here, U verstaan nie!”, skreeu jou siel dit uit. Dan kom die sagte, liefdevolle stem weer; “My kind, as daar een is wat jou pyn verstaan, is dit Ek. Ek het jou gemaak, Ek het jou aanmekaar geweef in jou moederskoot.” (Psalm 139:13).  Hy sorg vir my, weer brand die trane in jou hart. “Here, maar waar is die lig, in al my pyn en swaarkry?” Weer kom Sy stem met soveel geduld na jou in die stikdonkerte; “My kind, Ek is die lig. As jy My begin soek, sal jy die lig ook in jou lewe en ook in jou pyn vind.” Vir ‘n oomblik is daar doodse stilte, jy kyk weer na die skrefie lig in die tonnel, en bepeins God se woorde. “U is reg Here, die oomblik wat ek die lig in hierdie donker tonnel gesien het, het ek ‘n nuwe hoop gevind. Here, hoe kan ek nader aan U lig kom?” Skielik waai ‘n sagte koel briesie deur die tonnel, en die suis geluid daarvan eggo aan weerskante van die uitgeholde mure. Dan hoor jy weer Sy stem en jou hele hart word warm, ‘n warmte waarna jy verlang het in jou lewe. “Soek My, en jy sal My vind. Laat my Woord in jou mond en in jou hart wees, groei daagliks in jou liefde vir My, dan sal Ek altyd die lig in jou lewe wees.” Met hierdie woorde, merk jy skielik jou tas met al jou besittings in, in die een hoek. Jy sleep die tas nader en begin krap tussen al die goed, op soek na die Bybel, God se lewende Woord.  Jou bybel is verrimpeld en die hoeke van die bladsye gevou. Jy blaai na die heel eerste bladsy, jou oog val op die woorde wat daar geskryf staan; “Lees elke dag hierdie bybel, en jy sal God vind.” Jou siel ruk in jou, want jy besef jy het nie gereeld jou bybel gelees  nie, miskien kon jy dit meer dikwels gedoen het. Weer kom God se kosbare woorde in jou op: “Soek my, en jy sal My vind.” So die antwoord vir Sy ware lig, is in die bybel opgesluit, ek moet dit net lees, en daarin groei.

Dan maak God hierdie wysheid aan jou bekend. “Om in aanraking met My lig te kom, moet jy eers ‘n behoefte en begeerte in jou ontwikkel om in My lig te wandel. Jou siel moet uitgehonger wees vir  My, sodat My lig helder in jou kan skyn.
Juis in daardie donker omstandighede, kan Ek jou help, dis wanneer Ek op my sterkste in jou kan werk. Wanneer jy besef hoe nodig jy My het, dis wanneer Ek jou kan lei na My lig. Dis wanneer Ek jou kan lei tot genesing en bevryding in My. Om My lig te vind, moet jy eers in die duisternis wandel, soek my in elke bladsy van die bybel."

Jy dink na oor die wyse woorde van God. Daardie duisternis en pyn in jou, kan jou stadig maar seker opvreet van binne, soos ‘n wurm wat teer op jou ingewande. Dit skend jou liggaam, dit neem die glans uit jou oë uit, dit neem die stralende glimlag van jou mondhoeke weg, dit breek jou stukkie vir stukkie af. Waar daar duisternis is, is daar geen lig nie!

Vrese pak jou beet op daardie oomblik.  Maar ek voel diep in myself, ek wil nie die duisternis in die gesig staar nie, ek is bang, ek is benoud. ”Nee...”, kom Sy stem weer in jou.  “Jy moet juis in kontak kom met daardie emosies van bangheid, benoudheid, vrese en donkertes in jou. Jou bevryding begin ook as jy die besluit neem in jou hart, dat jy hierdie duisternisse gaan hanteer. Juis wanneer dit op Sy donkerste is, dan begin My lig helder in jou skyn.”

“ My kind, as jy uit hierdie donker tonnel uitgegaan het, moet jy jou lig vir my helder gaan skyn daarbuite? Jou lewe moet ‘n getuienis vir My word. “ Weer gee die Here vir jou skrif uit Sy woord.  Mattheus 5:16: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Jy dink na daaroor, as ander mense God se lig in my sien, kan hulle ook die lig in God vind. Dan brand die vraag vir die soveelste keer, op jou lippe; “Here, maar hoe kom ek met my siel uit hierdie donker tonnel uit?” Jy rig jou oë weer na die skrefie lig in die tonnel, dan spoel God se antwoord deur jou. “My kind, laat Ek die lamp van jou oë wees, laat Ek jou geestes oë verhelder in My. “Mattheus 6:22: “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê.  Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie.”

Op daardie oomblik bid jy en smeek jy, dat Sy ewige Lig jou donker liggaam moet verlig vir Hom, dat Hy jou moet genees van die blindheid in jou siel, dat Hy ‘n lamp vir jou oë sal wees. Laastens vra jy, dat Hy jou uit die donker tonnel en dieptes van jou siel sal uitlei en bevry. Nadat jy met oorgawe tot God gebid het, voel jy die totale verligting in jou siel.  Jy spring op van waar jy gesit het, en begin met ‘n huppel in jou stap uit die tonnel loop. Hoe nader jy aan die lig beweeg aan die uiteinde van die donker tonnel, hoe meer opgewonde is jou hart in jou. En hoe nader die lig kom, hoe helderder skyn en verlig dit die hele tonnel. Dan roep jou siel dit uit; “Ek is vry, ek het die ware lig gevind, in my God.”


Miskien sal daar altyd duisternisse weer oor jou lewe kom, maar jy het nou die versekering dat Sy ewige lig jou altyd sal verlig, en Hy sal jou elke keer weer uit die duisternisse uitlei, na Sy groot en helder lig toe. Jy onthou weer Sy woorde uit Efesiërs 5:9: “Uit die lig kom alles voort wat goed, en reg en waar is.” ‘n Glimlag verskyn om jou mondhoeke, wat jou hele gesig laat straal en verlig vir Hom. 

24 Jun 2011

Neem Jesus se juk op jul, en wees vry!

Mattheus 11:29: “Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir jul gemoed. My juk is sag, en my las is lig.”

 Jy voel dalk diep binne in jou, dat  jou siel opgevreet word deur die bekommernisse, siekte of pyn in jou lewe. Elke dag kam jy jou hare, sit jou brilraam op jou neus, maar dan, sien jy skielik die refleksie van jou gesig in die spieël. Jou vingers trek ‘n borsel nader, in ‘n stewige klem hou jy vas aan die borsel. Dis asof jy voel as jy die spieël stukkend kan gooi met die borsel, sal die prentjie dalk verander, sal jou siel dalk vry wees. Jy sien hierdie mure voor jou, en jy wens jy kan ‘n weg vind om deur hierdie mure te breek. “Here, ek het so baie pyn en seer in my!”

Jy droom daarvan om op gras groen velde vrylik rond te hardloop, omring met kleurvolle vlinders, voëltjies wat vrolik om jou fladder. Bo jou verrys die pragtige skoon blou hemel, en dis half, asof jy vir ‘n oomblik in die goue bal wat helder skyn, die heerlikheid van Sy koninkryk sien. Jy gaan lê plat in die groen gras, en jy asem die vars lug in, jou siel borrel van blydskap en vreugde in Hom. ‘n Blydskap wat jou hart so verwarm, en wat jou so spesiaal laat voel. Jy plaas jou hande oor jou hart, want jy wil vasgryp aan hierdie oomblikke, maar dan,....dan val jou brilraam grond toe en breek in skerwe. Die skerwe ruk jou terug na die werklikheid.

Jy sak op jou knieë neer op die koue teëls van die badkamervloer. Die vloer is amper so koud, soos wat jou siel in jou is. Jy trek jou bene op, want jy voel jy is weggegooi, jy voel niemand sien jou stryd raak nie. Hierdie laste in jou siel, hierdie juk om jou nek, is besig om jou te versmoor. Jy tel jou stukkende brilraam op, en ‘n skerf sny diep in jou vinger in, die bloed vloei vrylik uit jou vinger. Vinnig klem jy die bloeiende vinger vas met ‘n stukkie toilet papier.  In jou siel het iets losgebreek, jy gee vrye teuels aan jou snikke. Jy kyk af na jou voete en steek hulle dan vinnig onder jou romp weg, want jy is skaam oor jouself, jy voel nie goed oor jouself nie.  Jou siel skreeu dit uit; “Here, waarom is my laste so groot, Here waarom al die pyn?” Here, ek het so ‘n moeilike lewe, ek wil vlieg soos ‘n vlinder vir U, maar die meulsteen om my nek is te swaar vir my.” Terwyl jou siel al jou pyn oop kloof in jou, en jou trane rol soos watervalle oor jou jong vel, merk jy die rooi vlek van bloed op jou romp. Dan kry jy hoendervleis in jou, en jy voel ‘n sagte aanraking op jou hand.  Jou oë soek weer tussen die sonneblomme op jou romp na die bloedvlek. Toe jou oog dit raak sien, kan jy die brandende begeerte nie verhelp, om met jou kop die bloedvlek aan te raak nie, asof die antwoord is in die bloed. En dan, voel jy Hy neem Hy jou hand in Syne en lei jou die werklike waarheid in. ‘n Waarheid wat bevryding vir jou siel inhou....

Jy staan tussen ‘n klomp skare mense.  Die gedrom van al die mense maak jou benoud. Bo jou kop ruis duisende stemme. Jy span jou oor in, om te hoor wat die mense sê. “Jesus, my kind lê op sterwe, Jesus my dogter is baie siek, Jesus ek is blind, Jesus ek is verlam, Jesus help...!” Iets in jou oog begin brand, vinnig vee jy die onwelkome traan weg. Jy beur tussen die mense deur, om net ‘n blik van Jesus te kry, maar helaas jy kry nie ‘n geleentheid nie. “Bevryding,” roep jou siel dit hard in jou uit. Jy gaan sit op ‘n klip, misnoeë, en jy sug. Jou siel herinner jou nog ‘n keer aan jou pyn en laste. Jou oë staar stip na al die mense. Skielik sien jy die vrou raak. Die vrou beweeg baie stadig en sleepvoetend deur die skare, haar skouers is krom getrek, kort-kort vertrek haar gesig van pyn in haar, maar sy hou nie op met loop nie, iets dryf haar vorentoe. Sy steek haar hand voortdurend uit, so asof sy na iets gryp, of iets soek.  Skielik gryp haar hand die soom van Jesus se klere vas. Jy  sien die glimlag wat om haar mondhoeke verskyn, dit lyk soos ‘n glimlag wat spreek van blydskap. Maar dan,  gaan Jesus skielik doodstil staan vir ‘n oomblik, die skare raak stil en hou senuweeagtig die prentjie wat voor hul afspeel dop. Jesus vra; “Wie het my aangeraak, want Ek kon voel dat daar krag uit my gaan?” Die vrou raak bang en probeer om die hoek skuiling vind. Jy lees die vrou se benoudheid op haar gesig. Toe, val die vrou beangs voor Sy voete neer, en vertel Jesus waarom sy Hom aangeraak het, en dat sy onmiddellik gesond geword het. (Lukas 8:47)

Jesus het met verwondering na die vrou se verhaal geluister. Sy oë was sag, vriendelik, vol liefde en deernis vir hierdie vrou. Hy het die glans en lig in haar dowwe oë gesien, die lig en glans wat haar geloof en liefde vir Hom verklap het.  Die vrou het vertel dat sy al vir twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, ‘n siekte wat permanent vir haar pyn en ongemak veroorsaak het. “Ek het gehoor dat u ‘n man van God is. Ek het geweet en vas geglo in my hart, dat as ek net aan die soom van U klere kan raak, ek gesond sal word,” het sy by Jesus gepleit op haar knieë, en haar trane het op die grondpad gedrup. Toe gebeur iets wat niemand verwag het nie. Jesus het diep in haar oë gekyk, en gesê: “Dogter, jou geloof het  jou gered. Gaan in vrede.” (Lukas 8:48).

 In daardie oomblik het jou  hart verstyf in jou, en jou trane pers weer uit jou oë uit. Jy kan nie help om uit kleingelowigheid die vraag te vra, wat jou opvreet in jou binneste; “Weet Hy ook van my juk, van my pyn?”  Dit gons in jou ore, toe jy die diep woorde uit jou hart aanhoor.  “Hoe weet ek, hoe kan ek seker weet Here?, so bepeins jy dit in jou hart. En toe, bo jou kop, sien jy die pragtige voëls in die blou lug, en jy sien alles rondom jou, en jy sien deur Sy wonderskone skepping hoe Hy jou ook versorg met soveel liefde.  “God se liefde versterk my innerlik. Efesiërs 3:16: “Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik versterk te word, en dat Christus deur die geloof in jul harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.”  En dít, is genoeg vir my. Hy sorg dan vir my daagliks, Hy voorsien elke dag vir my, Hy omhels my elke dag in Sy liefde vir my.  As ek net kan weet hoe groot Jesus se liefde is vir my, sal ek ook weet, dat Hy weet van my juk, my pyn, my swaarkry, my siekte”, brand die woorde in jou hart. Dan sal ek weet hoe ver, hoe wyd, hoe hoog en hoe diep Sy liefde is, dan sal ek Sy liefde begryp.  

Dit roer jou hart, en dit raak jou diep aan.  Jy kyk met nuwe verwondering op na die hemelse blou lug en die voëls wat nou in ‘n swerm voor jou oog verby sweef. Lukas 12:28: “As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges.”

God het net my geloof in Hom nodig, dis genoeg vir Hom.  Efesiërs 2:8: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.”  Om my juk vir Jesus te gee vat ook baie geloof van my, en Jesus self weet dit ook, maar Hy glo in my. ‘n Opgewondenheid bars deur jou are, want jy besef van vooraf,  jy het iemand wat in jou glo, en dit is Jesus. Die gedagtes maal deur jou kop. As ek maar net die vrymoedigheid het om op my  knieë te val voor Hom, soos die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, haar hande uit gestrek het na Hom. Hy sal my ook help en my juk sal sagter word en my laste sal ligter word. “Ai, Jesus hoe kan ek vergeet, U het nie  net ons versoen met U Vader nie,  maar ook het U vir ons ‘n nuwe lewe gegee.  ‘n Nuwe lewe in U, wat lewendig word,  as ek vasgryp aan U verlossing vir my”.  Efesiërs 2:5: “Deur Sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings , saam met Christus lewend gemaak.”

Skielik voel jy prikkels in jou vinger wat jy oop gekerf het met die skerf, jy bekyk die wond, en sien dat die bloed opgedroog het.  Die wond is nog daar, maar die bloed het opgedroog, genesing het plaasgevind en daar is nuwe lewe in die vinger. Toe maal dit in jou kop, want jy besef dis die boodskap waarmee Jesus jou hart kom versterk het.  Jy staan op van die badkamer vloer af, en kyk weer na jouself in die spieël. Die keer sien jy ‘n ander prentjie van jouself in die spieël. Die gesig wat na jou toe terugstaar in die spieël, is een waarin daar weer ‘n glinster in jou oë verskyn het, ‘n gesig gevul met nuwe hoop en verwagting in God, nuwe lewe. Nou kan God se heling proses in jou eers werklik begin, want jy het geleer om jou jukke en laste vir Hom te gee. Jy het geleer hoe nodig jy Hom het.

Miskien sal die donkerte, die pyn, die siekte, nie genees word nie, maar omdat jy in geloof aan Hom vasgryp, sal jy weet hoe om daardie juk en laste te dra. Die oomblik wat jy vasgryp aan Hom, sal jou knieë nie meer knak onder die gewig van jou juk nie, sal die meulsteen om jou nek jou nie meer versmoor nie, maar sal jy kan opstaan, regop loop vir Hom.  Jy self sal voel, hoe lig jou laste is in Hom, en hoe sag Hy jou juk maak., want jy sal floreer in Sy liefde, Sy liefde sal jou dra, elke stap vorentoe. Jy sal miskien die laste en die juk nog hê, maar jy sal vry wees in jou gees, want jy sal nie meer in jou siel in kettings gebind wees aan hulle nie, en dít is vryheid in jou gees. Om vry te wees in jou gees, beteken om te glo dat Jesus Christus jou verlos het, om Sy kind te wees. Glo in Hom, glo in Sy liefde vir jou, want Hy het die hoogste prys ook vir jou betaal. En as jy vry is in jou gees, kan God jou gebruik om ander na Hom te lei, ander in Hom te bemoedig sodat hulle ook die gawe in Hom mag ontdek, om vry te wees in hul siel en gees van al hul pyn, en bekommernisse.

En as ek vry is in my gees van al my pyn en bekommernisse, kan ek dan ook die woorde in geloof en liefde uitspreek na hulle wat my seer gemaak het; “Ek vergewe jou, ontvang Sy liefde, want Hy het my met Sy liefde kom vol maak.”

7 Jun 2011

God is vol vreugde oor jou!

Sefanja 3:17: “Die Here jou God is by jou, Hy die krygsman wat red, Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil tevrede in Sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.”

Wat beteken dit vir jou om te weet dat God, vol vreugde is oor jou. Miskien dink jy in jou hart, hoe kan God vol vreugde wees oor my? Ek beteken dan niks vir hierdie wêreld nie. Ek het nie baie vriende of vriendinne nie, ek staan nie eerste in my klas, ek is nie ‘n top atleet nie, ek is nie eers mooi nie. 

Hoeveel van ons voel so, oor ons self. Voel jy ook so oor jouself? Sien jy nie meer jouself raak deur die oë van jou Skepper nie. Ten spyte van hierdie gevoelens wil ek jou op nog iets wys. 
Miskien is jy nie ‘n top atleet nie, maar jy kan loop. 
Miskien is jy nie ‘n model nie, maar jou gesig straal elke dag vir Hom. 
Miskien is jy nie die slimste in die klas nie, maar jy het wysheid en kennis in God. 
Miskien het jy nie baie vriende of vriendinne nie? 
Het jy al gedink wie is ware en opregte vriendinne en vriende vir jou? 
Hulle wat in jou glo, hulle wat jou bemoedig deur moeilike tye, hulle op wie se skouers jy kan snik, hulle wat jou liefhet vir wie jy is. 
Psalm 4:8: “U het my reeds groter vreugde laat belewe, as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het.”

Jy sien, so dikwels kyk ons verby die dinge wat God in ons raaksien, en konsentreer te veel op wat die wêreld van ons dink, of selfs nog meer, wat mense van ons dink. Vir God is dit nie belangrik hoe jy lyk en wie jy is nie. Hy kyk baie dieper, Hy kyk na jou hart. Hy sien dwarsdeur jou. 

Liefde vir God vind jy net in jou hart, daarmee saam liefde vir jou medemens. As jy nie God ken met jou hart nie, sal jy nie verstaan wat dit is om liefde te gee of, te ontvang nie. Dit is ook waarom Jesus sê, dat die heel grootste gebod is die liefde. Markus 12:30: “Jy moet die Here jou God liefhê, met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” En waar is die wortel van liefde gesetel in jou? 

In jou hart. Met jou hart dien jy die Here, met jou hart soek jy troos by die Here, met jou hart het jy Hom onvoorwaardelik lief, in jou hart is Sy vreugde, vrede en blydskap. Dis waarom die Here sê, Hy kyk na jou hart, want Hy weet dis waar jou hele menswees gesetel is, en dis daar waar Hy jou elke dag wil aanraak. Mattheus 6:21: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Jy sien God ken jou pyn, jou eensaamheid, jou verdriet, maar Hy sien ook jou hart raak wat brand van liefde vir Hom.  

Kom ons gaan delf ‘n bietjie dieper. Ek wil vandag vir jou wys, waarom is jou Skepper en Here vol vreugde oor jou. Hoe sien jou Skepper jou deur Sy liefdevolle oë?

Sien die volgende prentjie voor jou geestesoog afspeel. Jy kan jou oë toemaak, en laat Sy gees vir jou hierdie toneel openbaar, laat Sy gees jou kom aanraak nou, raak stil voor Hom. 

Jy is by ‘n skool en loop op die terrein rond. Terwyl jy so loop, sien jy ‘n dogtertjie raak onder ‘n boom, afgesonder en alleen. Sy sit eenkant en gesels  met niemand nie. Haar koppie hang, en haar skouertjies toon die indruk van baie mismoedigheid. Jy merk dat sy vir ‘n oomblik opkyk, en wanneer sy jou sien, gooi sy vinnig haar vaalbruin lang slierte voor haar gesig, jy sien die traantjies wat in haar oë blink. Jou hart word gevul vol met ontsag vir hierdie stukkende dogtertjie. Jy stap na haar toe en neem sitplek langs haar in. Sy vlieg verskrik op, maar dan neem jy haar vuil verweerde handjie in joune, ... en dan skielik voel sy so broos, dat iets in haar oopbreek. Sy begin onbedaarlik te snik. Jy hou haar vas, en vir ‘n rukkie is daar doodse stilte.  ‘n Sagte wind dwarrel deur jul hare, en in hierdie sagte wind, hoor jy Sy stem, saggies, teer, en vol liefde; “My kind jy het my vreugde vir hierdie dogtertjie gebring, jy het haar kom aanraak met My liefde vandag. Sy was verlore en bitterlik seer gemaak, maar jy het haar terug gebring na my. Jy het nie uit selfsug of eie belang na haar toe uitgereik nie, maar in jou brandende liefde vir My. ” En dan die woorde van jou Skepper wat soos lewendige golwe in jou druis;  “My kind, Ek is vol vreugde oor jou, Ek is stil tevrede in My liefde vir jou.” Jy hoor hierdie woorde van God se stem in die wind herhaaldelik. Hierdie kosbare woorde van jou liefdevolle God, weerklink soos ‘n eggo in jou binneste. “My kind, Ek is vol vreugde oor jou, Ek is stil tevrede in My liefde vir jou.”


Verstaan jy nou, waarom jou Here vol vreugde is oor jou? Hy is vol vreugde oor jou, omdat jy Sy kind is, want jy het Hom verkies bo al die ander dinge van die wêreld. Hy is vol vreugde oor jou, omdat jou gesig elke dag straal vir Hom. Hy is vol vreugde oor jou, omdat jy so lief is vir Hom, dat jy nie skaam is om dit te wys nie, jy straal elke dag vir Hom.  Hy is vol vreugde oor jou omdat jy glo in Hom. 

Maar om te glo in God, beteken ook om in jouself te glo as mens. Onthou, Hy het ‘n baie mooi prentjie gesien, wat soos ‘n skildery voor Hom afgespeel het, ‘n ware “Picasso”, kosbaar en dierbaar, toe Hy jou in jou moeder se skoot aanmekaar geweef het en geskep het. 

Dalk brand daar nog ‘n splinter in jou oog, wat baie pyn in jou hart veroorsaak. Daardie splinter veroorsaak dat jy geestelik blind is, gevolglik kan jy nie sien hoe mooi jy is in Sy oë nie.  Kom kniel voor jou Here neer, laat sak jou kop op sy skoot en huil jou hart uit. Stort jou kwellinge en bekommernisse voor Hom uit, vra genesing en vergifnis vir jou swakhede. 
Psalm 142: 2-4: “Ek stort my klagte uit voor sy aangesig, ek maak voor Sy aangesig my nood bekend. As my gees in my versmag, dan ken U my pad.”  

En terwyl jy so huil, voel jy Sy teder en sagte hande vryf jou pragtige hare sagkens, en jy hoor hoe Hy oor en oor vir jou sê; “My kind jy is so mooi vir My.” Dan lig jy jou kop op, en jou rooi behuilde gesig sien Hom raak, waar Hy vir jou sagkens glimlag, met ‘n liefde wat niemand eens kan beskryf nie.  Maar jy, jy voel daardie warm en opregte liefde in jou hart van Hom. Meteens verdwyn die dowwe blik in jou oë en jy sien jouself in Sy oë raak. Golwe van tevredenheid, vergenoegdheid, voldaanheid en ware geluk spoel oor jou, en jy gryp Sy hande in jou hande vas. Op daardie oomblik herinner Hy jou uit Sy woord aan Psalm 112: “Die regverdige sal nooit wankel nie, maar sal altyd onthou word.”

Hoor jy die woorde? Hy sal jou altyd onthou. Begin vandag en sien jouself deur Sy oë raak, want jy is pragtig, mooi, goed genoeg en aanneemlik vir Hom. Efesiërs 1:18: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.”

Jy wat blind is in jouself, sien jouself vandag in Sy oë raak.
Jy wat verbitterd en verhard is, strek jou hande uit na Hom, sodat Hy jou kan kom om jou aan te raak, dan sal alle bitterheid en haat in jou smelt, en jy sal Hom raaksien, en jy sal jouself raaksien deur Hom.
Jy wat seer het, laat Hom toe om die seer te verwyder.
Jy wat twyfel in jouself, glo in Hom, want Hy glo in jou.
Jy wat nie liefde in jou lewe ervaar het nie, ontvang Sy ewigdurende liefde vir jou.

Mag julle elke dag van Sy ewigdurende liefde leer. Mag julle groei in Sy wysheid, wat kosbaarder is as goud of silwer. En die heel belangrikste, mag elkeen van julle weet in julle harte, mag dit gebrandmerk wees in julle harte,.. dat julle iemand het, wat in julle glo.  Julle het iemand wat lief is vir julle, en julle het iemand wat julle aanvaar met al jul gebreke en swakhede. En hierdie iemand is niemand anders, as jul Skepper, Vader en Here Jesus nie.

En elke keer as jy bedroef, verstoot of niksseggend voel, onthou dan die woorde in Sefanja.

Sefanja 3:17: “Die Here jou God is by jou, Hy die krygsman wat red, Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil tevrede in Sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.”