Die vrese van sy eie broer se wraak span om hom heen. Die
vrese herinner hom aan die naakte waarheid van sy eie sondige menswees. Sy
sondes en swakhede het ‘n swart gordyn, van vrese voor hom uit gerol. Die vrese
diep in hom oortuig hom, om te vlug. “ Vlug weg van die waarheid van jou
sondes, vlug weg sodat die waarheid van jou eie sondes nie moet uitkom nie.
Vlug weg, die donkertes in, weg van die lig en waarheid in God.” Na wie verwys
ek hier?
Ek verwys na Jakob, seun van Isak. Kom ek herinner jul
aan die waarheid oor Jakob se diepste foute, swakhede en elllende. Jakob het
Esau, sy oudste broer, met ‘n pot lensie sop bedrieg, in ruil vir Esau se
eersgeboortereg. Jakob het verder sy pa Isak bedrieg met die uitspreek van die
seën oor die oudste seun,
wat die eersgeboortereg besit het. Jakob het vir sy pa Isak gejok, toe Isak hom
vra of hy Esau, sy oudste seun is. Isak was blind op ‘n hoë ouderdom, en kon dus nie werklik onderskeid maak
tussen Jakob sy jongste seun, en tussen Esau sy oudste seun nie. Alhoewel God
dit aan Ragel, Jakob se moeder bekend gemaak het, dat die oudste seun die
jongste seun sal dien, het Jakob in sy sondige menswees besluit, om self ‘n
plan te maak, om dit te kry. Jakob se begeertes na die eersgeboortereg het so
groot geword, dat hy gelieg en bedrieg het, om dit te kry. Esau sy oudste broer
was baie kwaad, en het gesê, hy sal
homself wreek op Jakob. Daarna het Jakob gevlug na sy oom Laban. Nadat Jakob ‘n
aantal jare vir Laban gewerk het, het
God hom beveel om terug te gaan na sy vaderland toe, na sy familie in Kanaän.
Nou het Jakob so pas die nuus ontvang dat Esau hom
tegemoet kom, met vierhonderd man. Dadelik rol die swart gordyn van Jakob se
sondes en sondige menswees, weer voor hom uit. Jakob voel benoud en beangs, en
vrese oorweldig hom hierin. Die vraag is, wat maak Jakob so vrees bevange? Is
dit Esau se wraak? Is dit Esau se vierhonderd manne? Is dit sy konfrontasie met
die dood? Ja, al hierdie dinge verdiep sy vrese net, maar dit is nie die
oorsprong van sy vrese nie. Die oorsprong van sy vrese lê in sy sondes. En alle sondes lei tot die dood, en
dit is waarom hy angsbevange raak.
Waarom maak ons sondes ons bang en bevrees? Wat van ons
sondes maak ons bevrees? Vrees ons nie dalk die waarheid oor ons sondige
menswees, kom uit nie? Vrees ons nie dalk die gevolge van die sondes nie? Vrees
ons nie dalk die straf op die sondes nie? Vrees ons nie dalk die veroordeling
op die sondes nie? Vrees ons nie dalk die wêreld
en mense se reaksies op ons sondes nie? Waarom word ons dan so bang, as ons met
ons sondige menswees gekonfronteer word? Ons word bang omdat ons diepste
sondige menswees, lei ons na ons eie sondeskuld, en in die bewuswording van ons
eie sondeskuld word ons dan in vrese gekonfronteer met die gevolge,
veroordeling en straf op die sondes. Dis belangrik dat ons hierdie vrese moet
verstaan, want daarin lê die stryd van
ons diepste, sondige menswees verskuil.
Hierin was Jakob dus ook gekonfronteer met sy sekuriteit
in God. Sekuriteit in God beteken veiligheid, rus, vertroue, kalmte en vrede in
God, ten spyte van ‘n sondige gebroke wêreld.
Maar in Jakob se sondige menswees vrese, word hy nou ook gekonfronteer met wie
God werklik vir hom is? Jy sien in die vrese oor ons sondige menswees, word dit
so swart dat ons begin twyfel oor God, dan is ons fondasie en sekuriteit wat
ons in God vind, geskud. Dis dan wanneer die krake van angs, onsekerheid,
verlatendheid, ongeloof, leuens en ontkenning deur ons fondasie in God breek.
Dus in Jakob se konfrontasie met sy sondige menswees, was hy direk
gekonfronteer, met wie God is? En, as Jakob met sy sondige menswees voor God
gaan staan, dan staan hy voor God as Regter.
Daarin word hy ook gekonfronteer met God se oordeel oor
die sondes. Waarheen lei ons twyfel ons dan? Dit lei na ongeloof en onsekerheid
in God. En, as ons twyfel oor wie God is, dan heers die sondige menswees in
ons, en dit plant vrese in ons harte. Waarom sê
ek twyfel lei tot ongeloof? Dit is juis ons twyfel en onsekerhede wat ons
geloof in God vernietig. Ware en egte geloof word juis gevorm, in die sekerheid
van wie God werklik is. Sekerheid in God verdryf twyfel, vrese en bekommernisse
uit ons harte uit, en herplant ons geloof rotsvas in God, telkens.
Dis dan juis wat Jakob herinner wie God is. In sy diepste
worstelstryd teen sy sondige menswees en vrese, word hy weer tot stilstand
geruk, voor die aangesig van sy Heilige God. Hier word hy deur God se genade,
gelei in gebed. As ons Jakob se gebed gaan bestudeer ten diepste, dan sien ons
dat hy in sy gebed herinner word, wie God werklik is. In sy gebed erken Jakob
vir God weer as die God van sy voorvader Abraham, en sy vader Isak. Jakob word
herinner aan God se trou aan hom. Jakob word ook herinner, hoe oorvloedig God
nie vir hom voorsien het, in al sy behoeftes nie. Jy sien, juis deurdat Jakob
in sy vrese neer gekniel het, voor die Heilige aangesig van God, kom God hom
weer tegemoet in sy gebed.
God help hom in sy worstelstryd, deur hom te herinner aan
wie Hy werklik is. God wys ook vir hom daardeur dat hy hom nie verlaat het nie,
maar dat hy nog altyd by hom is. Hoeveel keer in ons eie vrese vergeet ons van
God se genade en alomteenwoordigheid in ons lewens. Hoe kyk ons nie so vas teen
die sondige vrese, dat ons wil moed opgee en wil weghardloop nie? Hoe vergeet
ons nie, van hoeveel keer God ons gehelp het, in ander omstandighede in ons
lewens? Hoeveel keer begewe ons gebroke harte ons nie, om God se redding en
verlossing in Jesus Christus vir ons te onthou nie? Hoeveel keer word ons pyn
en sondige vrese so groot, dat ons bang is om weer die aangesig van die Here op
te soek? Hoeveel keer word ons sondige vrese so groot, dat ons selfs bang word
om onsself te ontbloot deur God se Woord? Sondige vrese dryf ons weg van God.
Sondige vrese oortuig ons dat God veroordeel ons, en God straf ons. Ons moet
onthou dat God straf altyd die sondes, want Hy is ‘n Regverdige God in alles,
maar Sy genade en vergifnis is steeds daar vir ons. En dis juis in Sy genade en
liefde vir Sy kinders, wat Sy kinders nuwe hoop en moed mag vind, in hul
worstelstryd teen hul sondige menswees. Deurdat Jakob, God se aangesig weer
gaan soek het in sy diepste vrese, het hy weer nuwe hoop, lig en hoop in God se
genade vir hom gevind. In die bewuswording van God se genade, het Jakob onthou
hoe afhanklik hy van God is, en hoe nodig hy in werklikheid vir God het. Hy het
van vooraf besef dat hy nie nodig het om bang te wees nie, want hy het genade
in God se oë gevind.
Deur God se genade word Jakob dus ook in gebed gelei, om
te erken wie God werklik is. Jakob besef hoe broos, en swak, en ellendig hy in
sy sondige menswees is, voor God. Hy besef hoe nodig hy God het vir redding.
Jakob voel self dat hy nie al God se gunsbewyse en goedheid teenoor hom werd is
nie, en dat hy dit nie verdien nie. En dis in die erkenning van wie God werklik
is, dat Jakob weer hoop en bemoediging in sy worstelstryd vind.
Dis belangrik dat ons in ons worstelstryd van ons sondige
menswees gelei word om ons eie swakhede en foute te erken. In Jakob se
erkenning in wie God werklik is, besef hy, as hy voor God staan, staan hy ook
as ‘n sondaar voor God. Hy besef in sy worstelstryd dat hy in sy swakke,
sondige menswees ook bang word. En in hierdie bewuswording van sy eie swakke
menswees, word Jakob gelei na God in ‘n diepe afhanklikheid. In sy
afhanklikheid van God, word Jakob in sy worstelstryd, ook weer van vooraf bewus
van wie God is. Erkenning en belydenis van ons eie sondige foute en swakhede,
maak ons bewus van hoe nodig ons God het.
Wannneer ons, in ons worstelstryd by die punt uitkom, om
te erken hoe nodig ons God het, vind ons weer opnuut versterking van ons geloof
in God. En in hierdie ontdekking en wete, vergroot God se kragtige werke in
ons, en vind ons ook weer in ons worstelstryd nuwe krag, hoop en bemoediging in
God.
Maar in Jakob se stryd teen sy sondige menswees, het die
swakheid van twyfel hom weer in sy hart kom oorskadu, toe hy vooruit geskenke
vir Esau stuur, om sy vriendskap te wen. Wat was dan verkeerd met hierdie
optrede van Jakob? Hy het in daardie swakke oomblikke nie sy vertroue in God
geplaas nie. Vertroue is deel van geloof in God. Hoe kan ons in God glo, as ons
Hom nie in alles vertrou nie? Maar waar in ons diepe worstelstryd vind ons dan
die penwortel in Christus, om ook in vertroue na God te kan groei. Vertroue in
God word in ons harte geplant, in die kennis van God se Woord, wat in ons harte
gaan lê. Hoe meer die kennis
van God se Woord in ons harte gaan lê,
hoe meer raak ons bewus van wie God is, en dit skep ons telkens in hernude
vertroue in God. Om in ons worstelstryd te mag ontdek, dat ons op God kan
vertrou, verdryf die sondige vrese in ons.
Maar in ons diepe worstelstryd mag ons ook weet, God
veroordeel ons nie vir ons swakheid, sondes en foute nie. Hy raak nie moedeloos
met ons, as ons in twyfel en angs verval nie. Nee, ons God verstaan ons swakke
harte, Hy het begrip en medelyde met ons twyfel en angste. Hy verstaan ook ons
stryd wat ons voer teen ons sondige menswees, want dit is waarteen Hy self
gestry het aan die kruis, met soveel liefde. In ons diepe worstelstryd tree God
se genade ook weer vir ons na vore, as ons Hom soek in ons worstelstryd. En dit
is hoe God ‘n hand van hulp en liefde ook hierin na Jakob uit gereik het.
Jakob se sondige vrese het hom weer oorskadu, daarom het
hy in die nag, verdere veiligheids maatreëls
getref vir sy familie en vir sy gesinne. Hy help sy gesin en familie, om die
gevaarlike Jabok drif met sy kronkelende rivier, en stywe walle oor te steek.
Maar hy self bly alleen agter. En dis juis hier waar God vir Jakob tegemoet
gaan in sy worstelstryd. Hier stoei Jakob met die Here tot dagbreek toe. Jakob
het moedig gestoei met die Here, en hy wou nie moed opgee nie. Toe hy nie wou
los nie, het die Here hom op sy heup geslaan, wat die heupbeen uit lid laat
spring het. Jakob het so moedig met die Here gestry, dat hy vir die Here gesê het, hy sal nie los voordat Hy hom seën nie. Waarteen het Jakob eintlik in alles
geworstel? Dis belangrik dat ons moet verstaan waarteen Jakob alles geworstel het,
want hierin lê sy eie sondige
menswees, sy leuens, sy bedrog, sy sondige vrese, sy sondes, sy vrese, sy
foute, sy swakhede, sy tekortkominge, sy sondige gebrokenheid, asook die
waarheid oor homself, en sy sondige emosies en gevoelens daarin. Trek nou al
hierdie dinge terug na jou eie hart toe. Is dit nie maar ook waarin ons diepste
worstelstryd verskuil is nie? Is dit nie maar ook die dinge waarop ons sondige
emosies en gevoelens branderplank ry nie? Ons diepe sondige menswees, en die
waarheid oor ons self dryf ons tot angse en vrese, en daarom raak ons
opstandig, of ons wil weg hardloop, of ons soek skuiling agter donker glase.
Ons sondige menswees verblind ons vir die werklike waarheid in God, oor
onsself. Die werklike waarheid oor onsself lei ons elke keer opnuut weer na
vryheid, en seën in God. Ten diepste
het Jakob dus geworstel met die sondige waarheid oor homself. Jakob het besluit
om dapper en braaf daarteen te stry. Jakob het besluit, om nie in donkertes van
angse, moegheid, en depressie te gaan sit nie. Jakob het besluit om op te
staan, en moedig te veg.
Dis belangrik dat ons hierin moet verstaan, dat Jakob
eers nie bewus was, dat dit God self was, wat met hom gestoei het nie? Eers toe
God vir sy naam vra, het God vir homself gesê,
dat hy nie meer Jakob (Bedrieër) genoem sal
word nie, maar Israel (Oorwinnaar), want hy het teen God en mense ‘n stryd
gevoer, en hy het dit end-uit vol gehou. (Genesis 32:27-28)
In hierdie besondere Gods openbaring van God aan Jakob,
het Jakob die plek Pniël genoem, want
het hy gesê: “Ek het God van
aangesig tot aangesig gesien, en tog het ek niks oor gekom nie.” God het Jakob
geseën, deur sy naam te
verander na Israel. Maar Jakob se naamsverandering was nie net sy naam nie,
maar ook ‘n verandering in hom as mens ook, van ‘n bedrieër (Jakob) na ‘n oorwinnaar (Israel).
Wat het Jakob gedryf in sy worstelstryd om nie moed te
verloor nie? Wat het Jakob werklik sterk gemaak in sy worstelstryd, behalwe die
innerlike krag wat hy in God gevind het? Sy wil om te verander het hom gedryf,
en sy absolute soeke na uitkoms in sy lewe. God se genade is oorvloedig, vir
hom wat na Hom toe kom, met ‘n hart om te wil verander. God kom diegene wat wil
verander, tegemoet in hul worstelstryd teen hul sondige menswees. God help die
een wat wil verander, in sy sondige worstelstryd, deur vir hom geleenthede te
skep daarin. God help hom deur hom te motiveer, om te bly volhard. God
inspireer hom in sy genade en liefde vir hom. God stel die een wat wil
verander, en die een wat stry teen sy sondige menswees, instaat om te volhard.
God wys die lig aan, in jou donkere worstelstryd. God maak jou dapper en moedig
in Hom. God laat jou weer opstaan, as jy geval het. God skep die moed in ons,
om te bly veg teen ons sondige menswees. God skep vir ons uitkoms in ons
worstelstryd. God bly getrou, aan Sy Verbondskinders. God lei ons, deur ons
worstelstryd. God maak ons elke keer weer vol met Sy liefde, in ons
worstelstryd. God skep vir ons ‘n nuwe lewe in ons worstelstryd teen ons
sondige menswees. God is naby die een wat stry, teen sy sondige menswees. God
beklee ons met Sy Reg en Geregtigheid deur Sy Woord daagliks, wat ons instaat
stel om ons sondige menswees in hom af te sterf, in ons worstelstryd. Ons moet
ook nie vergeet, dat God ons vry gemaak het, van die sondes en sondige
gebrokenheid in hierdie wêreld, deur Sy
seun Jesus Christus. Maar as ons wil deel hê
aan Christus se verlossings werke vir ons, dan vra dit, dat ons in geloof na
Hom toe moet groei.
Ten slotte wil ek jul graag daaraan herinner hoe God stap
vir stap vir Jakob gehelp het, in sy sondige worstelstryd. God lei Jakob ten
eerste in die bewuswording in, van sy eie sondige menswees, sy sondige
gebrokenheid, sy sondige swakhede en sy sondige foute. Dan lei God vir Jakob
in, oor wie Hy is? In die bewuswording van wie God is, word Jakob gelei, in hoe
afhanklik hy voor God staan. Dan herinner God Jakob, aan Sy getrouheid teenoor
hom, as Sy Verbonds God. God kom Jakob tegemoet in sy gebed, in sy
worstelstryd. In Jakob se gebed, lei God hom uit sy sondige vrese, deur hom
bewus te maak van Sy Almag en Heiligheid. God versterk Jakob in sy geloof in
Hom. God bemoedig Jakob in sy worstelstryd. God skep uitkoms vir Jakob in sy
worstelstryd, deur Jakob toe te laat, om met Hom te stoei daarin, van aangesig
tot aangesig. God skenk en gee vir Jakob die oorwinning in sy worstelstryd. God
vernuwe Jakob in Hom, deur nie net sy naam te verander van Jakob die bedrieër na Israel die oorwinnaar, maar ook deur ‘n nuwe
lewe te skep vir hom, in Hom.
Nou is my vraag vir jou? Hoe groot is jou worstelstryd in
God, teen jou sondige gebrokenheid en sondige menswees? Hoe groter jou
worstelstryd teen jou sondige menswees is, hoe groter sal jou geloof en liefde
vir God wees. Miskien het dit tyd geword, om vas te gryp aan God se lig, in jou
worstelstryd teen jou sondige gebrokenheid en sondige menswees. Staan op in jou
worstelstryd, want Christus het uit die dood op gestaan vir jou, en Christus
gee jou die oorwinning. Moenie meer bang wees vir die waarheid oor jouself in
jou sondige menswees, want dit is juis die volle waarheid oor jouself, wat jou
vrymaak in Jesus Christus.
Kom uit jou menslike skuilplek uit, na God se lig, God se
teenwoordigheid, en God se genade en liefde vir jou. Gaan sit aan God se
regterhand elke dag in Sy Woord, en Hy sal die septer in jou hand gee, om te
kan heers oor jou sondige menswees.
Mag jy weet dat God gee die oorwinning in jou
worstelstryd, God bemagtig jou in jou worstelstryd, God help en lei jou in jou
worstelstryd, en God seën jou met ‘n
nuwe lewe in Hom.
Deur: Marieke Zeevaart
No comments:
Post a Comment