Verstaan
ons werklik U genade?
Hoe
groot is U genade nie, vir die mens!
In my
hart vlam ‘n brandende wens.
Mag
elke mens deel hê aan U genade.
Elke
vrou, elke kind, elke gade.
Weet
ons, wat dit is om U genade te ontvang?
Of
weet ons net van klaagliedere en mymerende sang?
Sien
ander U genade in ons oë,
of
loop ons swaar en gebukkend terneer geboë?
Prys
ons U in ons harte vir U genade elke dag?
Of
wandel ons steeds in die gebrokenheid en nag?
U,
son met sy genesings strale skyn elke dag vir ons.
Laat
hierdie wete ons hartsnare nog bons?
Elke
dag plant U saadjies van U genade,
dag
vir dag, week vir week, maand vir maand en in jare.
Hoe
ontvang ons U genade, U onverganklike saad?
Deel
ek dit nog met ‘n ieder en elk, asook my lewensmaat?
Here,
help my om my vlerke te kan sprei,
sodat
ek die sout van U koninkryk kan versprei.
U
sout bring heling en genesing.
Al
hoe wyer maak U die kring.
Deur
die donker wolke wat om die aarde gepak is,
kom
breek U met U lig en genade deur, dis gewis.
Sien
ek U lig, U strale in die nood van my siel?
Bring
U genade my weer op my knieë om voor U te kniel.
Staan
ek nog in verwondering voor U, o Heer?
Of
maak die splinters en skerwe in my hart nog te seer?
Weet
ek, dat U genade is in my hart?
Waarom
is ek bang en verward?
U genade
is so geweldig groot,
gee
ek dit vir hulle in nood?
Verlep
ek om die soete heuning van U genade uit te deel,
of
het ek toegelaat dat die gebroke wereld van my kom steel?
U
genade is rein en skoon.
Vir
elkeen wat daaraan vasgryp, bring dit soveel loon.
U
genade is nie net vir my,
want
U wil elkeen van die kettings van slawerny bevry.
Toonset
ek nog klanke van blydskap,
oor U
vermenigvuldigende liefde en genade?
Of
probeer ek self nog die stukkies van my lewe,
aan
mekaar te lap?
Here,
hoe verlang ek nie na daarna,
dat
elkeen biddend, pleitend en smekend na U genade sal vra?
Dat
die begeertes en stuurwiel van hul hart,
nie
deur verleiding, hul sal dompel in rou en smart.
Here,
gee dat hul sal opstaan uit die as.
Dat U
deur U tasbare genade,
Die
trane van hul verrimpelde gesigte sal was.
Here,
kom skyn weer in hul blinde en moë oë.
Here,
mag die harp, lier en tamboeryn,
van U
genade weer in hul lewe, ingeweef word met U vingers so verfyn.
En
mag u genade, soos ‘n magtige loflied in hul oprys,
Deur: Marieke Zeevaart
No comments:
Post a Comment