14 Oct 2015

Om te worstel met God


Die vrese van sy eie broer se wraak span om hom heen. Die vrese herinner hom aan die naakte waarheid van sy eie sondige menswees. Sy sondes en swakhede het ‘n swart gordyn, van vrese voor hom uit gerol. Die vrese diep in hom oortuig hom, om te vlug. “ Vlug weg van die waarheid van jou sondes, vlug weg sodat die waarheid van jou eie sondes nie moet uitkom nie. Vlug weg, die donkertes in, weg van die lig en waarheid in God.” Na wie verwys ek hier?

Ek verwys na Jakob, seun van Isak. Kom ek herinner jul aan die waarheid oor Jakob se diepste foute, swakhede en elllende. Jakob het Esau, sy oudste broer, met ‘n pot lensie sop bedrieg, in ruil vir Esau se eersgeboortereg. Jakob het verder sy pa Isak bedrieg met die uitspreek van die seën oor die oudste seun, wat die eersgeboortereg besit het. Jakob het vir sy pa Isak gejok, toe Isak hom vra of hy Esau, sy oudste seun is. Isak was blind op ‘n hoë ouderdom, en kon dus nie werklik onderskeid maak tussen Jakob sy jongste seun, en tussen Esau sy oudste seun nie. Alhoewel God dit aan Ragel, Jakob se moeder bekend gemaak het, dat die oudste seun die jongste seun sal dien, het Jakob in sy sondige menswees besluit, om self ‘n plan te maak, om dit te kry. Jakob se begeertes na die eersgeboortereg het so groot geword, dat hy gelieg en bedrieg het, om dit te kry. Esau sy oudste broer was baie kwaad, en het gesê, hy sal homself wreek op Jakob. Daarna het Jakob gevlug na sy oom Laban. Nadat Jakob ‘n aantal jare vir Laban gewerk het,  het God hom beveel om terug te gaan na sy vaderland toe, na sy familie in Kanaän.

Nou het Jakob so pas die nuus ontvang dat Esau hom tegemoet kom, met vierhonderd man. Dadelik rol die swart gordyn van Jakob se sondes en sondige menswees, weer voor hom uit. Jakob voel benoud en beangs, en vrese oorweldig hom hierin. Die vraag is, wat maak Jakob so vrees bevange? Is dit Esau se wraak? Is dit Esau se vierhonderd manne? Is dit sy konfrontasie met die dood? Ja, al hierdie dinge verdiep sy vrese net, maar dit is nie die oorsprong van sy vrese nie. Die oorsprong van sy vrese lê in sy sondes. En alle sondes lei tot die dood, en dit is waarom hy angsbevange raak.

Waarom maak ons sondes ons bang en bevrees? Wat van ons sondes maak ons bevrees? Vrees ons nie dalk die waarheid oor ons sondige menswees, kom uit nie? Vrees ons nie dalk die gevolge van die sondes nie? Vrees ons nie dalk die straf op die sondes nie? Vrees ons nie dalk die veroordeling op die sondes nie? Vrees ons nie dalk die wêreld en mense se reaksies op ons sondes nie? Waarom word ons dan so bang, as ons met ons sondige menswees gekonfronteer word? Ons word bang omdat ons diepste sondige menswees, lei ons na ons eie sondeskuld, en in die bewuswording van ons eie sondeskuld word ons dan in vrese gekonfronteer met die gevolge, veroordeling en straf op die sondes. Dis belangrik dat ons hierdie vrese moet verstaan, want daarin lê die stryd van ons diepste, sondige menswees verskuil.


Hierin was Jakob dus ook gekonfronteer met sy sekuriteit in God. Sekuriteit in God beteken veiligheid, rus, vertroue, kalmte en vrede in God, ten spyte van ‘n sondige gebroke wêreld. Maar in Jakob se sondige menswees vrese, word hy nou ook gekonfronteer met wie God werklik vir hom is? Jy sien in die vrese oor ons sondige menswees, word dit so swart dat ons begin twyfel oor God, dan is ons fondasie en sekuriteit wat ons in God vind, geskud. Dis dan wanneer die krake van angs, onsekerheid, verlatendheid, ongeloof, leuens en ontkenning deur ons fondasie in God breek. Dus in Jakob se konfrontasie met sy sondige menswees, was hy direk gekonfronteer, met wie God is? En, as Jakob met sy sondige menswees voor God gaan staan, dan staan hy voor God as Regter.
Daarin word hy ook gekonfronteer met God se oordeel oor die sondes. Waarheen lei ons twyfel ons dan? Dit lei na ongeloof en onsekerheid in God. En, as ons twyfel oor wie God is, dan heers die sondige menswees in ons, en dit plant vrese in ons harte. Waarom sê ek twyfel lei tot ongeloof? Dit is juis ons twyfel en onsekerhede wat ons geloof in God vernietig. Ware en egte geloof word juis gevorm, in die sekerheid van wie God werklik is. Sekerheid in God verdryf twyfel, vrese en bekommernisse uit ons harte uit, en herplant ons geloof rotsvas in God, telkens.

Dis dan juis wat Jakob herinner wie God is. In sy diepste worstelstryd teen sy sondige menswees en vrese, word hy weer tot stilstand geruk, voor die aangesig van sy Heilige God. Hier word hy deur God se genade, gelei in gebed. As ons Jakob se gebed gaan bestudeer ten diepste, dan sien ons dat hy in sy gebed herinner word, wie God werklik is. In sy gebed erken Jakob vir God weer as die God van sy voorvader Abraham, en sy vader Isak. Jakob word herinner aan God se trou aan hom. Jakob word ook herinner, hoe oorvloedig God nie vir hom voorsien het, in al sy behoeftes nie. Jy sien, juis deurdat Jakob in sy vrese neer gekniel het, voor die Heilige aangesig van God, kom God hom weer tegemoet in sy gebed.

God help hom in sy worstelstryd, deur hom te herinner aan wie Hy werklik is. God wys ook vir hom daardeur dat hy hom nie verlaat het nie, maar dat hy nog altyd by hom is. Hoeveel keer in ons eie vrese vergeet ons van God se genade en alomteenwoordigheid in ons lewens. Hoe kyk ons nie so vas teen die sondige vrese, dat ons wil moed opgee en wil weghardloop nie? Hoe vergeet ons nie, van hoeveel keer God ons gehelp het, in ander omstandighede in ons lewens? Hoeveel keer begewe ons gebroke harte ons nie, om God se redding en verlossing in Jesus Christus vir ons te onthou nie? Hoeveel keer word ons pyn en sondige vrese so groot, dat ons bang is om weer die aangesig van die Here op te soek? Hoeveel keer word ons sondige vrese so groot, dat ons selfs bang word om onsself te ontbloot deur God se Woord? Sondige vrese dryf ons weg van God. Sondige vrese oortuig ons dat God veroordeel ons, en God straf ons. Ons moet onthou dat God straf altyd die sondes, want Hy is ‘n Regverdige God in alles, maar Sy genade en vergifnis is steeds daar vir ons. En dis juis in Sy genade en liefde vir Sy kinders, wat Sy kinders nuwe hoop en moed mag vind, in hul worstelstryd teen hul sondige menswees. Deurdat Jakob, God se aangesig weer gaan soek het in sy diepste vrese, het hy weer nuwe hoop, lig en hoop in God se genade vir hom gevind. In die bewuswording van God se genade, het Jakob onthou hoe afhanklik hy van God is, en hoe nodig hy in werklikheid vir God het. Hy het van vooraf besef dat hy nie nodig het om bang te wees nie, want hy het genade in God se oë gevind.

Deur God se genade word Jakob dus ook in gebed gelei, om te erken wie God werklik is. Jakob besef hoe broos, en swak, en ellendig hy in sy sondige menswees is, voor God. Hy besef hoe nodig hy God het vir redding. Jakob voel self dat hy nie al God se gunsbewyse en goedheid teenoor hom werd is nie, en dat hy dit nie verdien nie. En dis in die erkenning van wie God werklik is, dat Jakob weer hoop en bemoediging in sy worstelstryd vind.

Dis belangrik dat ons in ons worstelstryd van ons sondige menswees gelei word om ons eie swakhede en foute te erken. In Jakob se erkenning in wie God werklik is, besef hy, as hy voor God staan, staan hy ook as ‘n sondaar voor God. Hy besef in sy worstelstryd dat hy in sy swakke, sondige menswees ook bang word. En in hierdie bewuswording van sy eie swakke menswees, word Jakob gelei na God in ‘n diepe afhanklikheid. In sy afhanklikheid van God, word Jakob in sy worstelstryd, ook weer van vooraf bewus van wie God is. Erkenning en belydenis van ons eie sondige foute en swakhede, maak ons bewus van hoe nodig ons God het.

Wannneer ons, in ons worstelstryd by die punt uitkom, om te erken hoe nodig ons God het, vind ons weer opnuut versterking van ons geloof in God. En in hierdie ontdekking en wete, vergroot God se kragtige werke in ons, en vind ons ook weer in ons worstelstryd nuwe krag, hoop en bemoediging in God.

Maar in Jakob se stryd teen sy sondige menswees, het die swakheid van twyfel hom weer in sy hart kom oorskadu, toe hy vooruit geskenke vir Esau stuur, om sy vriendskap te wen. Wat was dan verkeerd met hierdie optrede van Jakob? Hy het in daardie swakke oomblikke nie sy vertroue in God geplaas nie. Vertroue is deel van geloof in God. Hoe kan ons in God glo, as ons Hom nie in alles vertrou nie? Maar waar in ons diepe worstelstryd vind ons dan die penwortel in Christus, om ook in vertroue na God te kan groei. Vertroue in God word in ons harte geplant, in die kennis van God se Woord, wat in ons harte gaan lê. Hoe meer die kennis van God se Woord in ons harte gaan lê, hoe meer raak ons bewus van wie God is, en dit skep ons telkens in hernude vertroue in God. Om in ons worstelstryd te mag ontdek, dat ons op God kan vertrou, verdryf die sondige vrese in ons.

Maar in ons diepe worstelstryd mag ons ook weet, God veroordeel ons nie vir ons swakheid, sondes en foute nie. Hy raak nie moedeloos met ons, as ons in twyfel en angs verval nie. Nee, ons God verstaan ons swakke harte, Hy het begrip en medelyde met ons twyfel en angste. Hy verstaan ook ons stryd wat ons voer teen ons sondige menswees, want dit is waarteen Hy self gestry het aan die kruis, met soveel liefde. In ons diepe worstelstryd tree God se genade ook weer vir ons na vore, as ons Hom soek in ons worstelstryd. En dit is hoe God ‘n hand van hulp en liefde ook hierin na Jakob uit gereik het.

Jakob se sondige vrese het hom weer oorskadu, daarom het hy in die nag, verdere veiligheids maatreëls getref vir sy familie en vir sy gesinne. Hy help sy gesin en familie, om die gevaarlike Jabok drif met sy kronkelende rivier, en stywe walle oor te steek. Maar hy self bly alleen agter. En dis juis hier waar God vir Jakob tegemoet gaan in sy worstelstryd. Hier stoei Jakob met die Here tot dagbreek toe. Jakob het moedig gestoei met die Here, en hy wou nie moed opgee nie. Toe hy nie wou los nie, het die Here hom op sy heup geslaan, wat die heupbeen uit lid laat spring het. Jakob het so moedig met die Here gestry, dat hy vir die Here gesê het, hy sal nie los voordat Hy hom seën nie. Waarteen het Jakob eintlik in alles geworstel? Dis belangrik dat ons moet verstaan waarteen Jakob alles geworstel het, want hierin lê sy eie sondige menswees, sy leuens, sy bedrog, sy sondige vrese, sy sondes, sy vrese, sy foute, sy swakhede, sy tekortkominge, sy sondige gebrokenheid, asook die waarheid oor homself, en sy sondige emosies en gevoelens daarin. Trek nou al hierdie dinge terug na jou eie hart toe. Is dit nie maar ook waarin ons diepste worstelstryd verskuil is nie? Is dit nie maar ook die dinge waarop ons sondige emosies en gevoelens branderplank ry nie? Ons diepe sondige menswees, en die waarheid oor ons self dryf ons tot angse en vrese, en daarom raak ons opstandig, of ons wil weg hardloop, of ons soek skuiling agter donker glase. Ons sondige menswees verblind ons vir die werklike waarheid in God, oor onsself. Die werklike waarheid oor onsself lei ons elke keer opnuut weer na vryheid, en seën in God. Ten diepste het Jakob dus geworstel met die sondige waarheid oor homself. Jakob het besluit om dapper en braaf daarteen te stry. Jakob het besluit, om nie in donkertes van angse, moegheid, en depressie te gaan sit nie. Jakob het besluit om op te staan, en moedig te veg.

Dis belangrik dat ons hierin moet verstaan, dat Jakob eers nie bewus was, dat dit God self was, wat met hom gestoei het nie? Eers toe God vir sy naam vra, het God vir homself gesê, dat hy nie meer Jakob (Bedrieër) genoem sal word nie, maar Israel (Oorwinnaar), want hy het teen God en mense ‘n stryd gevoer, en hy het dit end-uit vol gehou. (Genesis 32:27-28)
In hierdie besondere Gods openbaring van God aan Jakob, het Jakob die plek Pniël genoem, want het hy gesê: “Ek het God van aangesig tot aangesig gesien, en tog het ek niks oor gekom nie.” God het Jakob geseën, deur sy naam te verander na Israel. Maar Jakob se naamsverandering was nie net sy naam nie, maar ook ‘n verandering in hom as mens ook, van ‘n bedrieër (Jakob) na ‘n oorwinnaar (Israel).

Wat het Jakob gedryf in sy worstelstryd om nie moed te verloor nie? Wat het Jakob werklik sterk gemaak in sy worstelstryd, behalwe die innerlike krag wat hy in God gevind het? Sy wil om te verander het hom gedryf, en sy absolute soeke na uitkoms in sy lewe. God se genade is oorvloedig, vir hom wat na Hom toe kom, met ‘n hart om te wil verander. God kom diegene wat wil verander, tegemoet in hul worstelstryd teen hul sondige menswees. God help die een wat wil verander, in sy sondige worstelstryd, deur vir hom geleenthede te skep daarin. God help hom deur hom te motiveer, om te bly volhard. God inspireer hom in sy genade en liefde vir hom. God stel die een wat wil verander, en die een wat stry teen sy sondige menswees, instaat om te volhard. God wys die lig aan, in jou donkere worstelstryd. God maak jou dapper en moedig in Hom. God laat jou weer opstaan, as jy geval het. God skep die moed in ons, om te bly veg teen ons sondige menswees. God skep vir ons uitkoms in ons worstelstryd. God bly getrou, aan Sy Verbondskinders. God lei ons, deur ons worstelstryd. God maak ons elke keer weer vol met Sy liefde, in ons worstelstryd. God skep vir ons ‘n nuwe lewe in ons worstelstryd teen ons sondige menswees. God is naby die een wat stry, teen sy sondige menswees. God beklee ons met Sy Reg en Geregtigheid deur Sy Woord daagliks, wat ons instaat stel om ons sondige menswees in hom af te sterf, in ons worstelstryd. Ons moet ook nie vergeet, dat God ons vry gemaak het, van die sondes en sondige gebrokenheid in hierdie wêreld, deur Sy seun Jesus Christus. Maar as ons wil deel hê aan Christus se verlossings werke vir ons, dan vra dit, dat ons in geloof na Hom toe moet groei.


Ten slotte wil ek jul graag daaraan herinner hoe God stap vir stap vir Jakob gehelp het, in sy sondige worstelstryd. God lei Jakob ten eerste in die bewuswording in, van sy eie sondige menswees, sy sondige gebrokenheid, sy sondige swakhede en sy sondige foute. Dan lei God vir Jakob in, oor wie Hy is? In die bewuswording van wie God is, word Jakob gelei, in hoe afhanklik hy voor God staan. Dan herinner God Jakob, aan Sy getrouheid teenoor hom, as Sy Verbonds God. God kom Jakob tegemoet in sy gebed, in sy worstelstryd. In Jakob se gebed, lei God hom uit sy sondige vrese, deur hom bewus te maak van Sy Almag en Heiligheid. God versterk Jakob in sy geloof in Hom. God bemoedig Jakob in sy worstelstryd. God skep uitkoms vir Jakob in sy worstelstryd, deur Jakob toe te laat, om met Hom te stoei daarin, van aangesig tot aangesig. God skenk en gee vir Jakob die oorwinning in sy worstelstryd. God vernuwe Jakob in Hom, deur nie net sy naam te verander van Jakob die bedrieër na Israel die oorwinnaar, maar ook deur ‘n nuwe lewe te skep vir hom, in Hom.

Nou is my vraag vir jou? Hoe groot is jou worstelstryd in God, teen jou sondige gebrokenheid en sondige menswees? Hoe groter jou worstelstryd teen jou sondige menswees is, hoe groter sal jou geloof en liefde vir God wees. Miskien het dit tyd geword, om vas te gryp aan God se lig, in jou worstelstryd teen jou sondige gebrokenheid en sondige menswees. Staan op in jou worstelstryd, want Christus het uit die dood op gestaan vir jou, en Christus gee jou die oorwinning. Moenie meer bang wees vir die waarheid oor jouself in jou sondige menswees, want dit is juis die volle waarheid oor jouself, wat jou vrymaak in Jesus Christus.

Kom uit jou menslike skuilplek uit, na God se lig, God se teenwoordigheid, en God se genade en liefde vir jou. Gaan sit aan God se regterhand elke dag in Sy Woord, en Hy sal die septer in jou hand gee, om te kan heers oor jou sondige menswees.

Mag jy weet dat God gee die oorwinning in jou worstelstryd, God bemagtig jou in jou worstelstryd, God help en lei jou in jou worstelstryd, en God seën jou met ‘n nuwe lewe in Hom.



Deur: Marieke Zeevaart

13 Oct 2015

Paasfees



Paasfees


Gevangenisse is ons, van sondes en pyn.
Stadig maar seker is ons besig, om in
ons sondige gebrokenheid weg te kwyn.
Sondes, smart en dood,
ons is in die nood.


Maar deur die sondige duisternis,
verrys God se ewige lig.
Die lig wat nuwe hoop na die wêreld bring,
en wat mense se harte laat sing,
oor die wonderbare lig van ons God.


Ons Heiland het mens geword.
Ons Verlosser het die ewige brood van lewe geword.
Ons Redder het ons kom vry maak.
Ons Regter het met Sy genade,
ons gebroke harte kom aanraak.


Ons harte is verskeurd.
In bitterheid, haat en selfregverdiging word ons,
deur die sondige, donker dieptes mee gesleur.
Deur haat en bitterheid, kan ons nie vergewe,
maar ons God vergewe, sewentig maal sewe.


Deur die sondige dorings van ons vlees,
dra ons Verlosser die doringkroon is sy eie vlees.
Sy moeë liggaam knak onder die hoë prys,
vir ons sondes en gebrokenheid aan gewys.


Sy bloed vloei onophoudelik aan die kruis,
sodat ons weer, op geneem kan word
in Sy Vader se huis.
Worstelend aan die kruis bid hy,
pleit hy, smeek hy,
vir jou en vir my.


Sy mond en lippe is droog.
In Sy liggaam word ons verhoog.
Die pyne van smart en lyding skiet deur hom,
Die glorie dag van God se verlossings plan het gekom.


Dan, oorweldig die drie ure duisternis hom.
Die hoogtepunt van sy lydings uur het gekom.
Alleen, totaal God verlate, hang hy aan die kruis,
ver weg van Sy Vader se huis.

Maar steeds breek ons Verlosser se liefde deur,
Wanneer sy eie hart aan die kruis verskeur.
Steeds is daar vergifnis in sy hart,
vir ‘n sondige wêreld so hard.


En, wanneer hy die laaste asem uit blaas,
roep God se donderstem uit, bo die geraas.
Oorwinning het God behaal,
vir elke stem en taal.


‘n Fees van oorwinning weerklink in elke simbaal.
Deur die opstanding word ons Verlosser gehaal.
Christus se ware lig, van vrede, eenheid en liefde skyn,
en laat al ons sondes en gebrokenheid weg kwyn.


Verlossing en redding het ons in Christus gevind,
ware en volmaakte vergifnis, het ons weer aan God verbind.
Christus het die nuwe penwortel geword vir ons geloof,
wat deur ons sondige dorings en vlees, ware liefde kom kloof.


Die sondes en dood se angel, is finaal uit getrek,
al ons sondes is deur Sy bloed bedek.
Alles in ons word deur Hom tot nuut gemaak.
Deur nuwe groei daagliks deur Sy Woord, word ons opnuut gevorm en geskep,
en so word ons harte diep gaande, deur die lig van Christus geraak.



Gevangenisse van pyn, sondes, gebrokenheid en verdriet is ons nie meer,
maar ons kan nou redding, verlossing en vergifnis in Christus vind,
weer en weer en weer.
Hy het al ons trane kom wegvee,
en ons met die mantel van Sy ware verlossing en vryheid kom beklee.


Christus se verlossing lei ons na nuwe vreugde, vrede en lewe,
maar veral kan ware vergifnis vir mekaar, in ons herlewe.
Die oorwinnaars kroon van Sy liefde skyn glorie ryk in glans.
Nuwe liefde, nuwe vrede in ons harte, laat ons opnuut,
In Sy Vaderhuis sing en dans.


Deur: Marieke Zeevaart