Hoe dikwels verlang
ons nie daarna om soos ‘n uil te wees, in ons sondige menswees nie? Waarom sê ek ‘n uil? As
jy na ‘n uil kyk, dan sal jy merk die die uil het groot oë. Die groot oë van die uil
herinner my, aan die begeerte van hoe graag ons as mense, nie raak gesien wil
word, in hierdie sondige wêreld nie? Die ore van die uil wat groot en gespits
is, herinner my aan die begeerte van hoe graag ons nie gehoor wil word, deur
die wêreld nie. Die uil wat se voetjies die takke omkrul, herinner my aan hoe
ons as mense nie almal verlang na standvastigheid in ons lewens nie? Ons wil
met ons voete plat op die aarde staan, in waardigheid en vervulling. Ons wil
nie skewe of krom voete hê nie, as gevolg van ‘n gebroke wêreld nie. Ons wil nie verblind word, deur ons eie
soeke na waardigheid nie, ons wil nie meer huil en skreeu, omdat ‘n gebroke wêreld doofstom
vir mekaar geword het nie. Waarna verlang die begeerlike uil mens dan, in
werklikheid? Om sy vlerke te sprei, om in vryheid te kan vlieg, sonder enige
pyn of sondige gebrokenheid in sy lewe. Wat hou ons dan terug om te vlieg in
vryheid? Dit is die waarheid oor ons sondige begeertes, wat ons terughou om te
kan vlieg, in die vryheid wat God vir ons gegee het, deur Sy seun Jesus
Christus.
Maar, kom ons begin
by die punt van die wiel, waar om ons sondige begeertes eintlik draai. Om
sondige begeertes werklik te kan verstaan, moet ons ‘n vergroot glas oor ons
eie harte span. Ons moet ons oë inspan om na insig en wysheid daarin te soek, by
God. Ons moet ons harte intern ontbloot voor God hierin, en ons moet ons
gedagtes fokus op God. En ons voete moet tot stilstand kom, voor God se Almag,
Heiligheid en Wysheid.
Kom ons bring nou
God se lig en waarheid oor ons sondige begeertes na vore. Dis belangrik dat ons
moet verstaan wat ‘n sondige begeerte is. ‘n Sondige begeerte is ‘n sterk
verlange om iets te hê, die verlange daarna, word so sterk, dat dit ‘n drang word in jou.
Wanneer die sondige begeerte ‘n drang word, dan oortuig, ons sondige menswees
ons, dat ons dit moet hê, en dat ons nie sonder dit kan klaar kom nie. En wanneer ons sondige
begeerte ‘n “moet” word in ons harte, dan ontaard daar in jou, ‘n sondige
dryfveer. Met sondige dryfveer bedoel ek, dis iets wat al jou reaksies, jou
woorde, en jou dade, en selfs jou gedagtes bepaal. Die dryfveer van jou sondige
begeertes, bestuur en beheer letterlik jou hele lewe, en menswees. Die dryfveer
van jou sondige begeertes, lei al jou besluite in jou lewe. Die dryfveer van
jou sondige begeertes bepaal selfs op die end, watter tipe mens jy is. Jou
sondige begeerte se dryfveer beheer jou soos ‘n magneet, omdat hy besluit wat
vir jou goed is, en wat vir jou aanneemlik is. Die werklike nood in ons sondige
begeertes is, dat ons sondige begeertes weet sogenaamd presies wat ons nodig
het, en daarin blaas hy ‘n vuriglike verlange in ons op, na iets wat ons leë harte ons
oortuig om te hê. Hierdie sondige dryfveer van ons sondige begeertes, raas so in ons
ore en harte, dat dit ons doof maak, vir die werklike waarheid daarin. Die
werklike swaard van ons sondige begeertes is, dat dit selfs ons hele liggaam
bestuur en beheer.
Waarna sal ons dan
na verlang, in hierdie sondige begeertes? Ons verlang daarna om geliefd te
wees. Ons verlang na waardering en aanvaarding in ons lewens. Ons verlang na
vervulling in ons lewens, want die leegheid van ons harte in gebrokenheid, tap
ons leeg. En die heel belangrikste waarna ons verlang, is vrede. Ons wil nie
meer deur ons eie sondige vrese en gevoelens gejaag word nie. En ons soek na
tevredenheid, want as ons tevredenheid gevind het, sal ons dit nie nodig ag, om
deur ons diepste begeertes en gebroke gevoelens gedryf te word nie. Inteendeel
in tevredenheid, vind ons vrede, want ons is dan tevrede met alles in ons wêreld.
Een sondige
begeerte waarvoor ek regtig jul oë wil oopmaak, is jy self. Wanneer word jou sondige
begeertes vir jou ‘n struikelblok? As dit gaan oor jouself. Dis wanneer jou
sondige emosies en gebroke gevoelens jou begin bestuur as mens. Dis wanneer jy
so diep verlang daarna, om raak gesien te word en waardeer te word, dat jy
begin selfsugtig en egosentries optree. Jou minderwaardigheids gevoelens dryf
jou so, dat jy begin hoogmoedig optree. Jou eie gebroke gevoelens dryf jou om
dinge te doen, sodat jy darem meer gewaardeerd sal voel. Ons sondige
gebrokenheid wipplank letterlik op ons diepste gevoelens en emosies, en dit lei
ons na verskeie sondes. Sondes wat voortvloei uit ons eie leë en gebroke
harte in ‘n sondige wêreld is: “Haat, selfsug, self gesentreerdheid, minderwaardigheid,
verwerping, jaloesie, vyandigheid, opstandigheid, rebelsheid, mishandeling,
kwaad, woede en leuens.” Hierdie is maar net ‘n paar sondes wat wipplank ry op
ons sondige gebrokenheid, en wat ons lei na verskeie sondige begeertes.
Ai, maar hoe kan
ons sondige begeertes ons nie terleurstel nie. Die oomblik wat ons, ons sondige
begeertes najaag, voel ons weer leeg, en word ons weer herinner aan die pyn, en
aan ons gebrokenheid, en voel ons weer ongewaardeerd en onvervuld. Waarom is
dit so? Omdat om in jou sondige begeerte vervul te word, bring tydelike
verligting van werklike sondige gebrokenheid. En, as ons die sondige begeerte
vervul het, dan verlang ons na meer, en dit lei daartoe dat ons nie meer sonder
die sondige begeerte kan klaarkom nie. Dis dan wanneer die sondige begeerte,
ons afhanklik maak van begeertes. Dis ook, wanneer ons deur ons begeertes
gebind word aan sondes.
Watse begeertes kan
ons dus hê, wat ons na sondes lei? Gebroke minderwaardigheids gevoelens dryf meeste
van ons, na die soeke van prestasie, eer en “performance”. Minderwaardigheids
gevoelens dryf ons ook na die strewe van wêreldse prag en praal,
en besittings. Minderwaardigheids gevoelens dryf ons na ontevredenheid oor ons
self, en dit lei daartoe dat ons nie onsself aanvaar, soos wat God ons Skepper,
ons uniek geskape het. Minderwaardigheids gevoelens lei ons na begeertes van
drank, sigarette, en so voorts. Ons gebroke gevoelens tap ons so leeg, dat ons
verslaaf word aan ons sondige begeertes, dit beteken ons kan nie meer sonder
dit klaarkom nie. Sjoe, dit maak omtrent ‘n mens se oë oop!
Maar ek wil julle
harte en oë nog meer oopmaak oor die waarheid van begeertes in twee bybelse
persone, naamlik Ragel en Lea. Maar kom ek herinner jul eers weer, wie Ragel en
Lea is. Ragel en Lea is Jakob se twee vrouens, en Jakob is Isak se seun.
Kom ons gaan kyk
eers na Lea. Lea was die oudste dogter van Laban. Sy het dowwe oë gehad, en sy
was nie die mooiste dogter van Laban nie. Jakob wou nie regtig met Lea trou nie,
maar moes omdat, in die nag van sy aanvanklike huwelik met Ragel, het sy oom
Laban hom bedrieg met Lea. Lea was dus nie Jakob se geliefde vrou nie. Lea het
baie minderwaardig, en verwerp deur Jakob gevoel. Lea se minderwaardigheids
gevoelens het haar na begeertes van soeke, na liefde en aanvaarding gelei. Lea
het na vervulling in haar eer en waardigheids begeertes gesoek ,en dit in haar
kinders gevind. Lea het ‘n vrugbare moederskoot gehad, en het baie kinders
gebaar. Omdat Lea baie verwerp gevoel het deur Jakob, het sy in haar sondige
begeertes na waardering en liefde, vir Ragel begin haat en jaloers op haar
begin word. Kan julle sien, hoe Lea deur haar sondige begeertes gedryf is?
Aan die ander kant,
moet ons beslis ook na Ragel kyk. Ragel was die jongste dogter van Laban, en
het ‘n besondere skoonheid gehad. Ragel het deur Laban se bedrog met Lea, Jakob
se tweede vrou geword. Ragel was Jakob se geliefde vrou, en hy was baie liewer
vir haar, as vir Lea. Alhoewel Ragel baie liefde van Jakob ontvang het, kon sy
nie kinders baar vir Jakob nie. Ragel se begeertes na kinders het haar gedryf
om Lea, haar oudste suster te haat en te minag. Ragel se begeertes het haar ook
gedryf, om jaloers te word op Lea. Kan jy sien hoe Ragel deur haar sondige en
gebroke tekortkominge gedryf is, deur haar begeertes, en hoe haar begeertes
haar verbind het aan sondes.
Maar kom ons trek
‘n vergroot glas oor albei, en vergelyk hulle met mekaar, sodat jou eie hart se
vergroot glas, die waarheid en kennis hierin, vir jou kan oopbreek. Eerstens,
watse sondige gebroke gevoelens het Lea gedryf na sondige begeertes.
Lea was in die
sondige gebroke wêreld bloot gestel aan sondige gevoelens van verwerping, haat, jaloesie
en verbittering. Ragel, was bloot gestel aan sondige gevoelens van jaloesie, en
hebsug (magsug), en dit het sondige begeertes in haar geplant, wat na sondes
gelei het.
Wat leer ons dan
uit beide Lea en Ragel uit? Ons leer dat altwee was gebroke mense op hul eie,
in ‘n sondige wêreld. Albei was gedryf deur hul onderskeie sondige gevoelens, en
sondige begeertes. Albei was ook ontevrede met hulself, op ‘n manier.
In die waarheid van
ons sondige begeertes, wat is dan ons struikelblokke daarin? Hoe laat ons
sondige begeertes, ons struikel? Ons sondige begeertes laat ons struikel, want
dit begin ons beheer in ons gedagtes, ons woorde, ons reaksies en ons dade. Die
drange in ons sondige begeertes word so groot dat dit ons laat val, in gate van
minderwaardigheid, haat, jaloesie, en verbittering. Sondige begeertes verblind
ons, vir ons uniekheid in God se oë. Sondige begeertes steel ons werklike identiteit
in God weg. Sondige begeertes lei ons op die ou end, na onvervuldheid in ‘n
gebroke sondige wêreld. Sondige begeertes maak ons slawe van ons eie gebrokenheid.
Kom ons kom, nou met
ons harte voor die rooi lig hierin, tot stilstand. As jy die rooi ligte en
gevaar tekens in hierdie wyshede van God raak gelees het, moet jy nou jou oë op die oranje
lig plaas daarin. Die oranje lig flikker waarskuwings tekens van oppas, wees
versigtig en raak bewus van die gevare in jou sondige begeertes. In jou bewuswording
van die naakte waarheid oor jou sondige begeertes, breek God se lig en glans van
nuwe hoop daarin, in Jesus Christus. Onthou,
dis waarvoor Jesus Christus gesterf het. Dis wat Jesus Christus oorwin het. Dis
waarvoor Jesus Christus die volmaakte prys betaal het. Jesus het nie net die
volmaakte prys nie, maar het ook volkome die prys betaal, vir al die sondes en
sondige begeertes. Iets wat ons moet raaksien deur die oranje lig van die
leuenagtige begeertes is, dat ons begeertes lei na sondes!
Hoe oorbrug ons dan
die oranje lig, na die groen lig van hoop in ons lewens? Die groen lig van hoop
in ons lewens, vind ons in Christus, want dit is deur Christus wat God vir ons
verlossing, vergifnis en vrymaking van ons sondes bewerk het. Ons hoef nie meer
slawe te wees van ons sondige begeertes nie, want juis deur Christus is die
bande wat ons verbind aan die slawerny van sondige begeertes, en sondes
verbreek. Maar ons moet soek na die groen lig in Christus, ons moet verlang en
smag na uitkoms, in ons soeke na Christus. Ons moet honger en dors na vryheid
in Christus. Christus moet daagliks vir ons lewend word, deur God se Woord. Hoe
meer lewend Christus in ons word, en hoe meer ons vernuwe in Christus, hoe meer
vind ons die groen lig van hoop, motivering, lewe en inspirasie in God. En hoe
meer ons God se groen lig van ‘n nuwe lewe in Christus vind, hoe meer groei ons
uit ons sondige begeertes, en hoe meer vind ons waardevolle en kosbare
vervulling in God.
Om daadwerklike
vryheid in Christus, uit ons sondige begeertes te vind, is ware vryheid, ware
heling en ware vervulling. En om totale vervulling in Christus te vind, is om
die ware rykdomme van vreugde en vrede in God te ontdek.
Mag jou daaglikse
groei deur God se Woord, jou lei uit die donkertes en leuens van sondige
begeertes, na die ewige lig van vreugde, vrede en vryheid in Christus.
Deur: Marieke Zeevaart
No comments:
Post a Comment