Paasfees
Gevangenisse is ons, van sondes en pyn.
Stadig maar seker is ons besig, om in
ons sondige gebrokenheid weg te kwyn.
Sondes, smart en dood,
ons is in die nood.
Maar deur die sondige duisternis,
verrys God se ewige lig.
Die lig wat nuwe hoop na die wêreld
bring,
en wat mense se harte laat sing,
oor die wonderbare lig van ons God.
Ons Heiland het mens geword.
Ons Verlosser het die ewige brood van
lewe geword.
Ons Redder het ons kom vry maak.
Ons Regter het met Sy genade,
ons gebroke harte kom aanraak.
In bitterheid, haat en
selfregverdiging word ons,
deur die sondige, donker dieptes mee
gesleur.
Deur haat en bitterheid, kan ons nie
vergewe,
maar ons God vergewe, sewentig maal
sewe.
Deur die sondige dorings van ons
vlees,
dra ons Verlosser die doringkroon is
sy eie vlees.
Sy moeë liggaam knak onder die hoë
prys,
vir ons sondes en gebrokenheid aan
gewys.
Sy bloed vloei onophoudelik aan die
kruis,
sodat ons weer, op geneem kan word
in Sy Vader se huis.
Worstelend aan die kruis bid hy,
pleit hy, smeek hy,
vir jou en vir my.
Sy mond en lippe is droog.
In Sy liggaam word ons verhoog.
Die pyne van smart en lyding skiet
deur hom,
Die glorie dag van God se verlossings
plan het gekom.
Dan, oorweldig die drie ure
duisternis hom.
Die hoogtepunt van sy lydings uur het
gekom.
Alleen, totaal God verlate, hang hy
aan die kruis,
ver weg van Sy Vader se huis.
Wanneer sy eie hart aan die kruis
verskeur.
Steeds is daar vergifnis in sy hart,
vir ‘n sondige wêreld so hard.
En, wanneer hy die laaste asem uit
blaas,
roep God se donderstem uit, bo die
geraas.
Oorwinning het God behaal,
vir elke stem en taal.
‘n Fees van oorwinning weerklink in
elke simbaal.
Deur die opstanding word ons
Verlosser gehaal.
Christus se ware lig, van vrede,
eenheid en liefde skyn,
en laat al ons sondes en gebrokenheid
weg kwyn.
Verlossing en redding het ons in
Christus gevind,
ware en volmaakte vergifnis, het ons
weer aan God verbind.
Christus het die nuwe penwortel
geword vir ons geloof,
wat deur ons sondige dorings en
vlees, ware liefde kom kloof.
Die sondes en dood se angel, is
finaal uit getrek,
al ons sondes is deur Sy bloed bedek.
Alles in ons word deur Hom tot nuut
gemaak.
Deur nuwe groei daagliks deur Sy
Woord, word ons opnuut gevorm en geskep,
en so word ons harte diep gaande,
deur die lig van Christus geraak.
maar ons kan nou redding, verlossing
en vergifnis in Christus vind,
weer en weer en weer.
Hy het al ons trane kom wegvee,
en ons met die mantel van Sy ware
verlossing en vryheid kom beklee.
Christus se verlossing lei ons na
nuwe vreugde, vrede en lewe,
maar veral kan ware vergifnis vir
mekaar, in ons herlewe.
Die oorwinnaars kroon van Sy liefde
skyn glorie ryk in glans.
Nuwe liefde, nuwe vrede in ons harte,
laat ons opnuut,
In Sy Vaderhuis sing en dans.
Deur:
Marieke Zeevaart
No comments:
Post a Comment